Vraag
Wat is Ou Testamentiese teologie?
Antwoord
Ou Testamentiese teologie is die studie van wat God oor Homself in die Ou Testament geopenbaar het. Die stelsel van Ou Testamentiese teologie neem die verskillende waarhede wat die Ou Testamentiese boeke ons leer aangaande God en bied dit in ‘n georganiseerde vorm aan. God se openbaring oor Homself begin in Gen 1:1: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.” Die voorveronderstelling van God en Sy kreatiewe werk is iets wat alle gelowiges deur geloof aanvaar en word regdeur die Skrif beklemtoon, van Genesis tot Openbaring.
Ou Testamentiese teologie is ‘n ryk en belonende studie van wat God oor Homself geopenbaar het, Sy karakter, Sy eienskappe, ens, in die Ou Testament. Die Ou Testament fokus hoofsaaklik op God se verhouding met die Jode, en dit begin met Sy roeping van Abraham in Gen 12. Hy het Israel gekies en ‘n verbond met hulle gesluit vir die doel om Sy boodskap aan die wêreld oor te dra en uiteindelik die Messias te bring om ons van ons sonde te red. Deur Sy verhouding met die Jode, het God die hele wêreld geseёn (Gen 12:3). Die Ou Testament boekstaaf God se progressiewe openbaring oor Homself, spesifiek aan Sy uitverkore mense, maar ook aan hulle van heidense herkoms, sodat ons kan leer wie Hy is en Sy plan in die wêreld. In die ganse hart van die Ou Testament is die opvatting ingeweef van ‘n verbond tussen God en mens: die eerste was met Adam gemaak en ander met Noag, Abraham, die volk van Israel en Dawid.
Ou Testamentiese teologie is fundamenteel vir ons begrip aangaande God en Sy planne in die wêreld. Die sade van die doktrines van plaasvervangende versoening, verlossing, uitverkiesing, heiligheid, genade, oordeel en vergifnis word almal in die Ou Testament gevind. ‘n Studie van Ou Testamentiese teologie bevat ‘n regmatige kykie in teologie, antropologie en eskatologie, tussen ander deurslaggewende onderwerpe.
English
Wat is Ou Testamentiese teologie?