settings icon
share icon
Vraag

Wat is die argument oor die Onsigbare Pienk  Eenhoring Unicorn)?

Antwoord


Die argument van die onsigbare pienk eenhoring stel dit so, dat aangesien die bestaan van 'n onsigbare pienk eenhoring nie weerlê kan word nie, dit net so geldig om in 'n onsigbare pienk eenhoring te glo, as om in God te glo. Hierdie argument word deur ateïste aangebied in 'n poging om te wys dat geloof in God beide self teenstrydig en irrasioneel is. Volgens bewering beteken die feit dat die Onsigbare Pienk Eenhoring in teenstrydige en onvervalsbare terme gedefinieer word, dat God, wat deur die ateïs geteiken word, nie méèr geloofwaardig is as die Onsigbare Pienk Eenhoring nie. Net soos die Vlieënde Pasta-monsterisme eintlik nie 'n betekenisvolle argument teen godsdienstige geloof is nie, veral nie die Christendom nie, is die Onsigbare Pienk Eenhoring 'n poging om bespreking te vermy, deur 'n oppervlakkige skaduwee van geloof te bespot.

Byvoorbeeld, die teenstrydigheid dat die eenhoring sowel "onsigbaar" as "pienk" is, is bedoel om met die veronderstelde paradoksale eienskappe van God te spot. Maar hierdie kritiek is in stryd met gevestigde geskiedenis. Teoloë het aansienlike tyd bestee om die logiese konsekwentheid van God aan te toon. Maar natuurlik is daardie soort diepgaande denke presies wat die argument van die Onsigbare Pienk Eenhoring probeer vermy. Soos internet-humor of bespotting, is die argument van die Onsigbare Pienk Eenhoring bedoel om begrip te kortwiek deur 'n vlak, karikatuur-weergawe van wat gekritiseer word, aan te spreek.

Die grootste swakheid in die argument van die Onsigbare Pienk Eenhoring is dat dit veronderstel dat geloof in God heeltemal gegrond is op die bewering dat God nie weerlê kan word nie. Aangesien die eenhoring op geen wyse weerlê kan word nie, is daar volgens die argument net soveel rede om in hom te glo, as wat daar is om in God te glo. Weer eens is hierdie argument 'n voorbeeld van 'n onvolledige begrip van Christelike teologie, aangesien dit 'n belangrike filosofiese en historiese aspek van Christelike denke mis: die opvatting dat daar positiewe redes is, wat die bestaan van God aandui.

Die Onsigbare Pienk Eenhoring-argument is verkeerd in die sin van om geloof te koppel aan 'n onvermoë om iets te weerlê. Belangrike historiese gevalle vir die bestaan van God, soos die kosmologiese, teleologiese en ontologiese argumente, maak nie bewerings op grond van 'n onvermoë om iets te weerlê nie. Hulle beweer eerder dat hulle positiewe, logiese bewyse van 'n godheid verskaf. En hulle word ondersteun en geïnspireer deur werklike waarnemings. Geloof in die Joodse Christendom, veral, word versterk deur positiewe bewyse. Volgens die Bybel, algemene menslike ervaring (Romeine 1:18–22), wetenskap en natuur (Psalm 19:1), ooggetuienis (2 Petrus 1:16), geskrewe Skrif (Johannes 5:39), korrespondensie (Handelinge 17:11) en objektiewe bewyse (Lukas 1:1–4) kom almal saam om na die bestaan van 'n bepaalde godheid te wys: die God van die Bybel.

Van geen ateïs word natuurlik verwag, laat staan nog verplig, om enige van daardie redenering te aanvaar nie. As die Onsigbare Pienk Eenhoring 'n sinnelose en magtelose aanval op die Christelike God is — en dit is dit — beteken so 'n feit nie dat God toevallig bestaan nie. Daar is egter 'n diepgaande verskil tussen ingeligte meningsverskil en onkundige karikatuur. Die Onsigbare Pienk Eenhoring, as 'n gedagte-oefening, is net 'n moderne weergawe van "Russell's se Teapot." As sodanig demonstreer dit slegs die swakheid van enige stelling wat geen verdediging het, anders as dat dit nie-vervalsbaar is nie.

Christendom, die Bybel en die Christelike God is egter op veel meer gebaseer as om net onweerlegbaar te wees. Positiewe bewyse en 'n kumulatiewe saak was nog altyd deel van die Joods-Christelike tradisie. Dié wat probeer om die Onsigbare Pienk Eenhoring teen die konsep van God te gebruik, lewer nie 'n intelligente argument nie; hulle is slinks en misleidend.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die argument oor die Onsigbare Pienk  Eenhoring Unicorn)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries