settings icon
share icon
Vraag

Hoekom sluit die Onse Vader- gebed nie danksegging in nie? Moet al ons gebede nie uitdrukkings van dankbaarheid bevat nie?

Antwoord


Dit lyk vreemd, gegewe die apostel Paulus se vermaning in 1 Tess 5:17 om gedurig te bid en “Wees in alle omstandighede dankbaar”, dat die Onse Vader-gebed nie die opdrag van dankbaarheid insluit nie. Dit lyk veral snaaks, omdat Jesus tog bid, met danksegging in die Evangelies.

Jesus dank God vir die maaltye wat Hy voorsien, insluitende die wonderwerk waar 5000 gevoed word (Matt 14:16-21) en die 4000 (Matt 15:35-38). Hy het dankie gesê vir die beker en die brood by die Laaste Avondmaal (Hand 27:35). Hy het God gedank toe Hy Sy versoek gehoor het om Lasarus uit die dood op te wek (Joh 11:41). Hy het selfs die Vader gedank deurdat Hy die geheime van die koninkryk weerhou het van die “slim en geleerde mense” en dit aan die “eenvoudiges” geopenbaar het, die onkundiges en die geringes (Matt 11:25). Tog laat Hy danksegging uit die Onse Vader-gebed uit.

As ons die gedeelte ondersoek, waar die Onse Vader-gebed voorkom (Matt 6:9-13), let ons eerste op waarom Jesus die dissipels op ‘n sekere manier leer bid het. Jesus het die Fariseërs se manier waarop hulle gebid het, gekritiseer. Hulle het buitekant gestaan en bid, waar almal hulle kon sien en hoor. Dit was ‘n manier om vir die publiek te wys hoe heilig en godsdienstig hulle was. Jesus veroordeel hierdie wyse van bid: “Hulle het hulle beloning klaar weg,” die beloning was dat die mense hulle reeds gesien het. Jesus veroordeel nie publieke gebed nie, maar wel as die doel van sulke gebede verkeerd is, om deur mense gesien te word. Ons sien ook dat Jesus die heidense manier van bid, kritiseer, deur aanhoudend dieselfde ding oor en oor te bid, net om seker te maak dat hul god wel hoor, soos die Baälpriesters op die Karmelberg in 1 Kon 18.

Jesus se manier om bogenoemde wyses van gebed reg te stel, was om vir Sy dissipels ‘n modelgebed te leer. Ons bid egter nie die Onse Vader-gebed deur dit eenvoudig op te sê, soos die Rooms Katolieke doen nie. Dit beteken nie dat die opsê daarvan by publieke geleenthede verkeerd is nie. Jesus verwys hier na die privaatgebed, nie die publieke een nie.

Die beste is om aan die Onse Vader-gebed te dink as ‘n algemene riglyn vir gebed – ‘n manier om ons gebedslewe te vorm. Die gebed bevat 6 versoeke. Die eerste 3 het betrekking op God en die laaste 3 op ons. Nadat God aangespreek is as “Ons Vader wat in die hemel is,” bid ons eerstens dat God se Naam geheilig en geëer word. Volgende bid ons dat God se Koninkryk moet kom. Daar is die begrip dat God se Koninkryk alreeds teenwoordig is, sedert die koms (Advent) van Christus, maar ons bid vir die Koninkryk om in volheid te kom. Derdens bid ons vir God se wil – Sy morele of geopenbaarde wil – wat hier op aarde moet geskied, om by ons te begin. Na hierdie 3 petisies, wat God se heerlikheid en majesteit aanspreek, gaan ons aan met die versoeke op ons gerig – ons daaglikse voorsiening, ons vergifnis van sonde en ons verlossing van die bose.

Waarom ons nie danksegging in die Onse Vader-gebed vind nie, is die beste antwoord, dat danksegging die instelling is waarin ons tot God bid. Vir hulle wat kinders van God is, sal dankbaarheid hul harte vul en voortvloei vanaf hul lippe tot God, omdat ons weet, saam met ander dinge, dat ons sondes vergewe is en dat ons die ewige lewe deur Jesus Christus het. Hoe meer ons peins oor wat God vir ons gedoen het, hoe dankbaarder sal ons wees. Danksegging kom natuurlik in ons verhouding met God, te alle tye, onder alle omstandighede en voorwaardes. Paulus skryf in 1 Tess 5:18, “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom sluit die Onse Vader- gebed nie danksegging in nie? Moet al ons gebede nie uitdrukkings van dankbaarheid bevat nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries