Vraag
Wat is Nuwe Testamentiese teologie?
Antwoord
Nuwe Testamentiese teologie is die studie oor wat God aangaande Homself in die Nuwe Testament geopenbaar het. Die nuwe stelsel van Nuwe Testamentiese teologie neem die onderskeie waarhede wat die Nuwe Testamentiese boeke ons leer aangaande God en bied dit aan in ‘n georganiseerde vorm. Die Nuwe Testament bring die koms van die Messias aan die lig, wat in die Ou Testament voorspel was (Jes 9), die verwerping van die Messias deur Israel, die vervulling van die Wet, die geboorte van die Nuwe Testamentiese kerk (die liggaam van Christus), die kerktydperk, die evangelie van Jesus Christus en instruksies vir gelowiges in Jesus Christus.
Die frase nuwe verbond (of nuwe testament) was deur Christus gespreek by die Laaste Avondmaal (Luk 22:20). Paulus beskryf die nuwe verbond as die inhoud van die bediening waartoe hy geroepe was (2 Kor 3:6). Die Ou Testament is die weergawe van die roeping en geskiedenis van die Joodse nasie en dit bevat die Mosaïese Wet, die Ou Verbond waartoe Israel vir baie jare verbind was. Die Nuwe Testament handel oor die geskiedenis en toepassing van Christus se vrymaking van die Wet (Gal 4:4-5), ‘n vrymaking wat Hy voorsien het deur Sy dood aan die kruis (Ef 1:7). Deur die Nuwe Verbond word die Ou Verbond vervang (Hebr 8:6, 13).
Teologie is die studie van die doktrines van die Bybel, deur die progressiewe openbaring wat God aan die mens gemaak het, te volg, van die begin van tyd tot die einde van die boek Openbaring . Nuwe Testamentiese teologie handel hoofsaaklik oor die studie van Christologie, eklesiologie en soteriology. Verder verbreed dit ook die begrip betreffende eskatologie, pneumatologie, engelogie, hamartiologie en ander velde van doktrine.
English
Wat is Nuwe Testamentiese teologie?