settings icon
share icon
Vraag

Hoe lank het dit vir Noag geneem om die ark te bou? Hoe lank was Noag in die ark?

Antwoord


Hoe lank het dit vir Noag geneem om die ark te bou? Die Bybel sê nie spesifiek hoe lank hy gebou het nie. Toe Noag vir die eerste keer in Gen 5:32 genoem is, was hy 500 jaar oud. Toe Noag die ark binne gegaan het, was hy 600 jaar oud. Die tyd wat dit hom geneem het om die ark te bou, sou afhang van die hoeveelheid tyd wat verloop het tussen Gen 5:32 en die tyd dat God Noag opgeroep het om die ark te bou (Gen 6:14-21). Op die meeste, het dit 100 jaar geduur.

Hoe lank was Noag in die ark? Noag het die ark in die 600ste jaar van sy lewe ingegaan, op die 17de dag van die 2de maand (Gen 7:11-13). Hy het die ark verlaat op die 27ste dag van die 2de maand van die volgende jaar (Gen 8:14-15). Dus, inaggenome ‘n maankalender van 360 dae, was Noag ongeveer 370 dae in die ark.

Hoeveel van elke tipe dier het Noag in die ark geneem? Sewe pare van elke soort rein diere en twee pare van elke soort ander diere (Gen 6:19-20; 7:2-3). Met “rein” bedoel die Bybel dat diere “aanvaar was om geoffer te word.” Daarom is sewe pare reindiere geneem - dus kon van hulle ná die vloed geoffer word, sonder om die spesies in gevaar te stel.

Hoeveel mense was in Noag se ark? Volgens Gen 6-8 was dit Noag, sy vrou, Noag se 3 seuns (Sem, Gam en Jafet) en hul vroue. Hulle was dus 8 mense altesaam.

Wie was Noag se vrou? Die Bybel spesifiseer nêrens die naam of identiteit van Noag se vrou nie. Volgens tradisie was sy Naéma (Gen 4:22 (NIV). Dit kan moontlik wees, maar dit kom nie eksplisiet en duidelik in die Bybel voor nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe lank het dit vir Noag geneem om die ark te bou? Hoe lank was Noag in die ark?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries