settings icon
share icon
Vraag

Sou die ontdekking van Noag se Ark belangrik wees?

Antwoord


Daar is tallose beweerde ontdekkings van Noag se ark gedurende vroeëre jare. Die ontdekkings was op verskeie plekke: vanaf Mount Ararat in Turkye tot by ‘n bergreeks in Iran, tot by ‘n heeltemal ander plek op Mount Ararat (met ‘n besoekersentrum). Dit is nie die doel van hierdie artikel om te evalueer of die ontdekkings geregverdig is of nie. Die vraag ter sprake eerder is, of, indien Noag se ark ontdek is, is dit belangrik? Sou die ontdekking van die Ark daartoe lei dat mense in geloof na God toe draai?

Na aanleiding van die radiokoolstofdatering, verwys die ontdekking van ‘n bootagtige struktuur in die berge van die Midde-Ooste ongeveer na die tyd van die bybelse weergawe van Noag se ark (2500 v C), met getuienis van dierelewe wat eens aan boord was, sou dit sekerlik ‘n reusagtige ontdekking gewees het. Vir hulle wat in God glo en die Bybel vertrou as Sy geïnspireerde Woord, sou dit kragtige bevestiging wees dat die Bybel waar is en dat vroeë menslike geskiedenis presies gebeur het soos die Bybel dit beskryf. ‘n Gekontroleerde ontdekking van Noag se ark sou veroorsaak het dat baie soekers en ontvanklike skeptici ten minste hul oortuigings sou herevalueer. Vir die geslote kritici en geharde ateïs egter, sou die ontdekking van die ark geen verskil gemaak het nie.

Rom 1:19-20 verklaar, “Wat ‘n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring. Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie”. As ‘n persoon die duidelike bewys van God in die heelal verwerp, sal geen bybelse verwante ontdekking sy/haar oortuiging verander nie. Soortgelyk, in Luk 16:31 verklaar Jesus, “As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan”. Geen ontdekking, geen argument of wonderwerk sal hulle verander, wat deur Satan verblind is nie (2 Kor 4:4) en met ‘n verharde hart en en geslote verstand die lig van die Evangelie verwerp nie.

Omgekeerd, sou dit saak maak as Noag se ark nooit ontdek word nie? Nee, dit sou nie, omdat die Christengeloof nie gebou is op elke bybelse weergawe wat duidelik/onweerlegbaar bewys is nie. Die Christengeloof is gebou op geloof. Joh 20:29, “Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” Tog is daar twee primêre verduidelikings waarom die ark nooit ontdek sal word nie. Eerstens, die hout van die ark sou baie waardevol wees na die vloed. Noag en sy familie of hul nakomelinge, het die ark afgebreek en die hout gebruik om vir hul huise te bou , asook vir ander gebruike. Tweedens, selfs as Noag en sy familie die ark ongeskonde gelaat het, is ongeveer 4,500 jaar verby (as die bybelse weergawe letterlik geïnterpreteer word). ‘n Houtstruktuur blootgestel aan strawwe elemente vir 4,500 jaar, sou grotendeels vernietig wees.

Al sou die ontdekking van Noag se ark ‘n enorme en kragtige argeologiese bevinding wees, sal dit nooit iets wees waarin die Christene hul geloof sou plaas nie. Die ontdekking van Noag se ark of die Verbondsark of die Tuin van Eden of enige bybelse artefak sal nie die Christelike geloof oortuig nie en sal nie die hart verander van enigeen wat God nie na Hom toe trek nie (Joh 6:44). “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebr 11:1).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Sou die ontdekking van Noag se Ark belangrik wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries