settings icon
share icon
Vraag

Wat is die New Age Beweging?

Antwoord


Die uitdrukking “New Age” het in die 1970’s en 1980’s ontstaan. Dit was bekend gemaak deur die sirkulasie van die “New Age Journal” en ‘n boek deur Mark Satin, “New Age Politics.” Marilyn Ferguson se topverkoper, “Aquarian Conspiracy” was ‘n aanbieding van die sosiale agenda en filosofiese siening van die New Age. Ferguson se skrywe het status verkry, as die nie-amptelike heilige geskrif van die beweging. Soos Russell Chandler, ‘n skrywer vir die Los Angeles Times, geskrywe het in “Understanding The New Age”, “If Ferguson wrote the New Age ‘Bible’, Shirley MacLaine is its high priestess.”

Shirley MacLaine se boek, “Out On a Limb”, boekstaaf haar teësinnige verwerking tot New Age geloof. Hierdie boek beskryf haar reise en studies, wat insluit wetenskaplike fiksie-agtige uitbreidings, buite die liggaam reise, kontak met ondermaanse wesens, “trance channeling” (séances) en ‘n “begeleide toer” van die onsigbare wêreld. MacLaine se tweede boek, “Dancing in the Light”, vertel van haar uitreik na die jogawêreld, reïnkarnasie, kristalkrag, Hindoe-mantra en gebeurtenisse wat uit die vorige lewe opgeroep word, d.m.v. akupunktuur. Haar gees lei haar en lig haar in dat elke individu God is en sy het saam met die “wysheid” geleer dat die persoon onbeperk is. Mens moet dit net besef. (Chandler, page 6-2).

New Age het dan sy wortels in die Oosterse mistisisme, wat verby die verstand beweeg. Daar is ‘n nuwe orgaan van persepsie – die derde oog – wat spirituele lig gee. Jy moet tot die “fisiese self” kom deur jouself op te lei om die boodskappe van die bewussyn te ignoreer of te sien dat die verstand eintlik “cosmic consciousness” bereik. Die verstand kan realiteit skep.

Neil Anderson skryf in sy boek, “Walking through the Darkness” oor die New Age Movement: “Die New Age Beweging word nie gesien as ‘n godsdiens nie, maar ‘n nuwe manier van dink en om realiteit te verstaan. Dit is baie aantreklik vir die natuurlike mens wat ontnugter geraak het met georganiseerde godsdiens en Westerse rasionalisme. Hy begeer geestelike realiteit, maar wil nie materialisme opgee nie, met sy morele probleme handel of onder outoriteit staan nie” (bl 22). Anderson som New Age denke as volg op (bl 22-24):

Dit is monisme. Die opvatting dat alles een is en een is alles. Geskiedenis is nie die storie van die mens se sondeval en herstel deur God se reddende genade nie. Dit is eerder die mensdom wat in onkunde en die geleidelike opgang in “enlightenment” val.

Alles is God. As alles een is, insluitende God, dan moet ons tot die slotsom kom dat alles God is. Dit is panteïsme – bome, slakke, boeke en mense is almal van een goddelike wese. ‘n Persoonlike God wat Homself geopenbaar het in die Bybel en in Jesus Christus word heeltemal verwerp. Aangesien God onpersoonlik is, hoef die New Ager Hom nie te dien nie. God is ‘n “dit,” nie ‘n “Hy” nie.

Daar is ‘n verandering in bewussyn. As ons God is, moet ons weet dat ons God is. Ons moet kosmies bewus word, verlig of ingeskakel by die kosmiese bewussyn. Sommige wat hierdie verligtende status bereik, sal sê dat hulle “wedergebore” is – ‘n vervalste bybelse omskrywing. Die belangrike is nie of ons glo of mediteer nie, maar in wie ons glo en waaroor ons mediteer. Christus is die ware, persoonlike, objektiewe realiteit, soos Hy gesê het dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is en niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie (Joh 14:6).

‘n Kosmiese evolusionêre optimisme word geleer. Daar is ‘n New Age op pad. Daar sal ‘n nuwe wêreldorde wees, ‘n nuwe wêreldregering. New Age denkers glo dat daar uiteindelik ‘n progressiewe verenigde wêreldbewussyn sal wees. Hierdie, volgens die Bybel, is ‘n valse koninkryk deur Satan self gelei. Christus het die ware koninkryk en Hy sal eendag op aarde regeer in vrede, vir almal wat Hom as Verlosser en Koning aanvaar (Openbaring 5:13).

New Agers skep hul eie realiteit. Hulle glo dat hulle realiteit kan skep deur wat hulle glo en deur te verander wat hulle glo kan hulle realiteit verander. Alle morele grense is uitgevee. Daar is geen absolute nie, omdat daar geen onderskeid tussen goed en kwaad is nie. Niks het realiteit, totdat jy sê dit is realiteit of dat dit die waarheid is nie. As sterflike mens waarheid kan skep, is ons in desperate moeilikheid in ons samelewing. Tensy daar ewige absolute van die ewige God is, sal die mens uiteindelik sy eie vernietiging beteken.

New Agers maak kontak met die koninkryk van die duisternis. Deur ‘n medium ‘n “channeler” te noem en ‘n duiwel ‘n “spirit guide” het nie die realiteit verander van wat hulle is nie. Dit is die koninkryk van die duisternis waarvan Satan die hoof is. Diegene wat in hierdie soort van aktiwiteit betrokke is, is in kontak met ‘n wêreld wat heeltemal teenoorgesteld is van die bybelse God, geopenbaar aan ons in Jesus Christus, wat Satan oorwin het (Matt 4:1-11; Kol 2:15; Heb 2:14-18).

Die New Age Beweging is ‘n vervalste godsdiens, wat hulle op die gevoelens van individue beroep en hulle lei om te dink dat hulle God is en dat hulle hul lewens deur hul eie persoon kan verbeter. Die realiteit is dat ons gebore is, opgroei, ‘n tydjie op planeet aarde leef en sterf. Mense is sterflik. Ons kan nooit God wees nie. Ons het iemand groter nodig as ons wat vergifnis en die ewige lewe kan voorsien. Prys die Here vir die God-mens, Jesus Christus. Deur Sy dood en liggaamlike opstanding het Hy vir ons oorwin wat ons so desperaat nodig het: vergifnis van God, ‘n lewe van betekenis en plan in hierdie lewe en ‘n ewige lewe ná die graf. Moenie miskyk wie Jesus Christus is en wat Hy vir jou gedoen het nie. Lees Joh hoofstuk 3. Vra Chistus om jou Verlosser te wees. Jou lewe sal verander word en jy sal weet wie jy is, hoekom jy hier is en waarheen jy op pad is.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die New Age Beweging?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries