settings icon
share icon
Vraag

Moet Nagmaal toeganklik wees of nie?

Antwoord


Die verskil tussen “toeganklik” en “ontoeganklik” betreffende Nagmaalsgebruik hang af van ‘n kerk se siening in verband met die doel van die Nagmaal en die outoriteit van die kerk. Kerke wat “toeganklike” Nagmaal beoefen, nooi alle belydende gelowiges in Christus uit om saam met hulle die Nagmaalsbediening te geniet. Kerke wat “ontoeganklike” Nagmaalsvieringe beoefen, plaas ‘n beperking op die betrokkenheid in die byeenkoms van hul eie plaaslike liggaam – slegs amptelike lede met goeie reputasie word toegelaat om deel te wees. Sommige kerke beoefen ‘n derde tipe, wat hulle noem “geslote” Nagmaal; hier word lidmate van ander kerke van “dieselfde denominasie” toegelaat om brood te breek saam met lidmate van die plaaslike kerk.

In 1 Kor 11:17-34 vind ons die Bybel se lering aangaande die Nagmaal en dit verklaar ope deelneming vir gelowiges. Almal wat ware gelowiges in God is deur persoonlike geloof in Jesus Christus, Sy Seun, is waardig om deel te neem aan die Nagmaal van ons Here as gevolg van die feit dat hulle die dood van Christus as betaling vir hul sondes aanvaar het (sien ook Ef 1:6-7).

Die redevoering agter sommige kerke se praktyk van ontoeganklike Nagmaal, is omdat hulle seker wil maak dat elke deelnemer ‘n gelowige is. Dit is verstaanbaar; dit plaas egter kerkleiers in ‘n posisie om te bepaal wie waardig is om deel te wees, wat erg problematies kan wees. ‘n Gegewe kerk mag aanvaar dat alle amptelike lidmate ware gelowiges is, maar so ‘n veronderstelling mag of mag nie waar wees nie.

Die toepassing van geslote Nagmaal – beperk tot kerklidmate – is ook ‘n poging om seker te maak dat iemand nie deelneem op ‘n “onwaardige wyse” nie (1 Kor 11:27). Sulke kerke se siening is dat slegs die plaaslike liggaam by magte is om te bepaal wat die geestelike waardigheid van sy lidmate is; daar is geen manier om te bepaal wat die toestand van buitestaanders of vreemdelinge is nie. Tog, in 1 Kor 11:27 word verwys na die “wyse” hoe iemand gebruik maak van die brood en die beker, nie volgens sy of haar persoonlike waardigheid nie. Niemand is werklik “waardig” om met God gemeenskap te hê nie; dit is slegs as gevolg van die bloed van Christus dat ons waardig is. Die “wyse” om deel te hê, raak onwaardig wanneer sekere gelowiges uitgesluit word (vers 21), as deelnemers weier om te deel (vers 21), as dronkenskap betrokke is (vers 21), as die arme verneder word (vers 22), as selfsugtigheid gepromoveer word (vers 33), of as die byeenkoms beskou word as sonder meer ‘n maaltyd om die honger te stil (vers 34).

Volgens die Bybel moet Nagmaal oop wees vir alle gelowiges, nie “toe” wees vir ‘n spesifieke kerk of denominasie nie. Wat belangrik is, is dat die deelnemers wedergebore gelowiges is, wat in ‘n verhouding leef met hul Here en met mekaar. Voordat deelname van die Nagmaal plaasvind, moet elke gelowige persoonlik sy of haar motiewe ondersoek (1 Kor 11:28). Ongeag watter kerk iemand aan behoort, oneerbiedigheid, vooroordeel, selfsugtigheid en wellus het geen plek aan die Here se tafel nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet Nagmaal toeganklik wees of nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries