settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Mosaïese verbond?

Antwoord


Die Mosaïese verbond is ‘n voorwaardelike verbond, gesluit tussen God en die volk Israel by Sinaiberg (Eks 19-24). Dit word soms die Sinai-verbond genoem, maar dikwels word daarna verwys as die Mosaïese verbond, aangesien Moses die uitverkore leier van Israel was op daardie tydstip. Die vorm van die verbond is baie dieselfde soos ander antieke verbonde van daardie tyd, omdat dit tussen ‘n soewereine koning (God) en Sy mense of onderdane (Israel) was. Gedurende die tyd van die verbond, het God die mense herinner van hul verpligting om gehoorsaam aan Sy wet te wees (Eks 19:5), en die mense het ingestem tot die verbond, toe hulle gesê het, “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen” (Eks 19:8). Hierdie verbond sou dien om die volk Israel af te sonder as God se uitverkore volk van alle ander nasies en dit was ewe bindend as die onvoorwaardelike verbond wat God met Abraham gesluit het, want dit was ook ‘n bloedverbond. Die Mosaïese verbond is ‘n betekenisvolle verbond in beide God se verlossingsgeskiedenis en in die geskiedenis van die volk van Israel, waar God soewerein sou kies om die wêreld te seёn met beide Sy geskrewe Woord en die Lewende Woord, Jesus Christus.

Die Mosaïese verbond was gesentreer rondom God wat Sy goddelike wet aan Moses op Sinaiberg gegee het. Deur die verskillende verbonde in die Bybel te verstaan en hul verhouding met mekaar, is dit belangrik om te verstaan dat die Mosaïese verbond noemenswaardig verskil van die Abrahamitiese verbond en latere bybelse verbond, omdat dit voorwaardelik is, deurdat die seёninge wat God beloof het direk verband hou met Israel se gehoorsaamheid aan die Mosaïese wet. Indien Israel gehoorsaam is, dan sal God hulle seёn, maar as hulle ongehoorsaam is, dan sal God hulle straf. Die seёninge en vloeke wat geassosieer is met hierdie voorwaardelike verbond, word breedvoerig in Deut 28 bespreek. Die ander verbonde in die Bybel is eensydige verbonde van belofte, waarin God Homself verbind om te doen wat Hy beloof het, ongeag van wat die ontvangers van die beloftes sou doen. Aan die ander kant is die Mosaïese verbond ‘n tweesydige ooreenkoms, wat die verpligtinge van beide partye teenoor die verbond, spesifiseer.

Die Mosaïese verbond is veral belangrik, omdat God daarin beloof om Israel “’n koninkryk wat My as priesters dien, en ‘n gewyde nasie te maak” (Eks 19:6). Israel moes God se lig wees vir die donker wêreld rondom hulle. Hulle sou ‘n aparte en afgesonderde nasie wees, sodat almal rondom hulle sou weet dat hulle Yahweh, die Verbondsgod, aanbid. Dit is van groot belang, omdat dit hier was dat Israel die Mosaïese wet ontvang het, wat vir hulle ‘n leermeester sou wees wat die weg aanwys na die koms van Christus (Gal 3:24-25). Die Mosaïese wet sou aan mense hul sondigheid openbaar en hul nood vir ‘n Verlosser en dit is deur die Mosaïese wet dat Christus Self gesê het dat Hy nie gekom het om te vernietig nie, maar om te vervul. Dit is ‘n belangrike punt, want sommige mense raak verward deur te dink deur die Wet te onderhou, was mense in die Ou Testament gered, maar die Bybel is duidelik dat verlossing net deur geloof alleenlik kom en die belofte van verlossing deur geloof, wat God aan Abraham as deel van die Abrahamitiese Verbond gemaak het, steeds in werking bly (Gal 3:16-18).

Ook die offerande-stelsel van die Mosaïese verbond het nie regtig sondes weggeneem nie (Hebr 10:1-4); dit was eenvoudig net die voorafskaduwing van die sonde wat deur Christus gedra sou word, die volmaakte Hoёpriester wat die volmaakte offerande was (Hebr 9:11-28). Dus kon die Mosaïese verbond self, met al die gedetaileerde wette, nie mense red nie. Dit is nie dat daar enige probleem met die Wet self was nie, die Wet was volmaak en gegee deur ‘n heilige God, maar die Wet het geen krag gehad om aan mense nuwe lewe te gee nie en die mense was nie in staat om die Wet volkome te gehoorsaam nie (Gal 3:21).

Die Mosaïese verbond word ook na verwys as die ou Verbond (2 Kor 3:14; Hebr 8:6,13) en was vervang deur die nuwe verbond in Christus (Luk 22:20; 1 Kor 11:25; 2 Kor 3:6; Hebr 8:8, 13; 9:15; 12:24). Die nuwe verbond in Christus is by verre beter as die ou Mosaïese verbond wat vervang is, omdat dit die beloftes vervul wat in Jer 31:31-34 gemaak is, soos in Hebr 8 aangehaal word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Mosaïese verbond?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries