settings icon
share icon
Vraag

Ek is ‘n Mormoon, waarom sou ek dit oorweeg om ‘n Christen te word?

Antwoord


Enigeen van enige godsdiens – of absoluut geen godsdiens – wat vra, “Waarom sal ek dit oorweeg om ‘n Christen te word?” moet die aansprake van die Christendom in ag neem. Vir ‘n Mormoon om hierdie vraag te vra, moet die verskille tussen die leerstellinge van bybelse Christelikheid en LDS filosofie die primêre area van navraag wees. Indien die Bybel die Woord van God is (beide Joseph Smith en Brigham Young het dit geglo), dan moet die fundamentele oortuigings van Mormonisme en die Latter-Day-Saints (as daardie oortuigings betroubaar is) konsekwent wees met wat die Bybel ons leer. Tog is daar strydigheid en ons sal kyk na 4 areas van onverenigbaarheid tussen Mormonisme en die Bybel.

‘n Mormoon wat oorweeg om ‘n Christen te word, moet verstaan dat Mormonisme ‘n afhanklikheid van ekstra bybelse bronne, as lering het. Volgens die Bybel is bybelse lering genoegsaam, rakende instruksies vir ‘n Christelike leefwyse (2 Tim 3:16) en dat God enigeen vervloek wat outoriteit neem om by te voeg tot dit wat God alreeds in die Bybel geopenbaar het. Met ander woorde, God verklaar Sy geskrewe openbaring volmaak (Openbaring 22:18-19). Dus is daar geen rede vir God om meer te skrywe nie. Enige god wat sy boek skryf en sê dis volledig en dan later besef hy het iets vergeet en nie beplan vir die toekoms nie of het nie eers genoeg geweet om alles aanvanklik te skryf nie, so ‘n god is nie die God van die Bybel nie. Tog leer Mormonisme dat die Bybel slegs een van 4 outoriteitsbronne is, die ander 3 is die Boek van Mormon, Doctrine & Covenants en The Pearl of Great Price. Hierdie 3 het gekom van ‘n enkele man wat hulle as God-geïnspireerd verklaar het, ongeag die feit dat dit teenstrydig met die Bybel was; die Bybel is die eerste en enigste ware geïnspireerde teks. Om bykomende materiaal tot die Skrif by te voeg en dit geïspireerd te noem, is om teenstrydig teenoor God te staan.

‘n Mormoon wat dit oorweeg om ‘n Christen te word, moet verstaan dat Mormonisme ‘n god verkondig wat minder god is. Mormonisme leer dat God nie altyd die Allerhoogste Wese van die heelal was nie (Mormon Doctrine, p. 321), maar Hy het daardie status verkry deur regverdig te lewe (Teachings of the Prophet Joseph Smith, p. 345). Tog, wie definieer “regverdig”? Daardie standaard kan slegs van God Self af kom. Dus, die lering dat God, God geword het deur ‘n vooraf bepaalde standaard, komende vanaf God, is ‘n teenstrydigheid. ‘n God wat nie ewig is en in eie wese bestaan nie, is nie die God van die Bybel nie. Volgens die Bybel is God ewig en bestaan Hy in eie wese (Deut 33:27; Ps 90:2; 1 Tim 1:17) en is Hy nie geskep nie, maar Skepper in Homself (Gen 1; Ps 24:1; Jes 37:16; Kol 1: 17-18).

‘n Mormoon wat dit oorweeg om ‘n Christen te word, moet verstaan dat Mormonisme ‘n lering het met ‘n opgeblase siening oor menslikheid, wat glad nie konsekwent is volgens bybelse doktrine nie. Volgens Mormonisme kan enige mens ‘n god word (Teachings of the Prophet Joseph Smith, p. 345-354; Doctine & Covenants 132:20). Tog, herhaaldelik volgens die Bybel is ons almal inherent sondig (Jer 17:9; Rom 3:10-23; 8:7) en dat God alleen God is (1 Sam 2:2; Jes 44:6, 46:9). Jes 43:10 gee God se eie woorde: “Voor My was daar geen god nie en na My sal daar ook nie een wees nie.” Hoe Mormonisme kan sê dat mense gode sal word in die lig van sulke oorweldigende skriftuurlike bewyse, is ‘n getuienis uit die diepte van die mens se begeerte om God se plek in te neem, ‘n begeerte wat in Satan se hart gebore is (Jes 14:14) en oorgedra is deur hom na Adam en Eva in die Tuin van Eden (Gen 3:5). Die begeerte om die troon van God in te palm – of om dit te deel – karakteriseer almal wie se vader die duiwel is, insluitende die Antichris, wat ook aan die einde van die tyd daardie begeerte deel (2 Tes 2:3-4). Regdeur die geskiedenis, was daar baie valse godsdienste met dieselfde begeerte om God te wil wees. God verklaar egter daar is geen God, behalwe Hy nie en ons durf nie met Hom strydig staan nie.

‘n Mormoon wat oorweeg om ‘n Christen te word, moet verstaan dat Mormonisme verkondig dat ons in staat is om ons eie redding te verdien, in teenstelling met die Skrif (Articles of Faith, p. 92; Nephi 25:23). Alhoewel ons sekerlik verskillend sal lewe as gevolg van ons geloof, is dit nie óns werke wat ons verlos nie, maar slegs die genade van God, deur die geloof wat Hy as ‘n gratis geskenk vir ons gegee het (Ef 2:4-10). Dit is eenvoudig, omdat God slegs Sy eie volmaakte regverdigheid aanvaar. Christus het aan die kruis gesterf, om Sy volmaaktheid vir ons sonde te verruil (2 Kor 5:21). Ons kan slegs heilig gemaak word in God se oë, deur geloof in Christus (1 Kor 1:2).

Uiteindelik, geloof in ‘n valse christus, lei tot valse verlossing. Enige verlossing wat “verdien” is, is ‘n valse redding (Rom 3:20-28). Ons kan eenvoudig nie waardige redding verkry op ons eie meriete nie. As ons nie God se Woord kan glo nie, dan het ons hoegenaamd geen grondige basis vir vertroue nie. As ons God se Woord glo, dan moet ons erken dat Sy Woord konsekwent en betroubaar is. As God nie Sy Woord akkuraat kon bewaar nie, dan sou Hy nie God wees nie. Die verskil tussen Mormonisme en Christenskap, is dat laasgenoemde ‘n God verkondig wat van ewigheid tot ewigheid bestaan uit Homself, wat ‘n volmaakte en heilige standaard stel, wat ons nie kan navolg nie en Hy het uit Sy groot liefde die prys betaal vir ons sonde, deur Sy Seun te stuur om aan die kruis te sterf in ons plek.

As jy gereed is om jou geloof in die volmaakte, totale genoegsame offer van Jesus Christus te plaas, kan jy die volgende woorde vir God sê: “Vader God, ek weet dat ek ‘n sondaar is en U straf verdien. Ek erken en glo dat Jesus die enigste Verlosser is. Ek plaas my geloof slegs in Jesus wat my kan red. Vader God, vergewe my asseblief, reinig my en maak my nuut. Dankie vir U wonderlike genade en ontferming!”



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Ek is ‘n Mormoon, waarom sou ek dit oorweeg om ‘n Christen te word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries