Vraag
Wie is Migael die aartsengel?
Antwoord
Migael die aartsengel word in die Bybel beskryf, in die boek Daniёl, Judas en openbaring as ‘n gevegsengel wat in geestelike gevegte betrokke was. Die woord “aartsengel” beteken “engel van die hoogste orde.” Die meeste engele in die Bybel word uitgebeeld as boodskappers, maar Migael word in al drie boeke beskryf as strydend, vegtend of om bose geeste en vorste teen te staan (Daniёl 10:13; 21; Judas :9; Openbaring 12: 7). Ons het nie ‘n volledige beeld van enige engel nie en slegs twee word in die Bybel genoem (Gabriёl is die ander een). Die Skrif gee vir ons leidrade van hul bewegings gedurende menslike gebeure, maar dit is veilig om te sê dat Migael die aartsengel ‘n magtige wese was.
Ongeag sy groot mag, is Migael steeds in volle ondergeskiktheid aan die Here. Sy afhanklikheid van die Here se krag word gesien in Judas 1:9. Die regverdige engele het ‘n orde en is ondergeskik aan outoriteit en om hierdie rede word hulle gebruik as ‘n beeld van ‘n vrou se ondergeskiktheid aan haar man (1 Kor 11:10). Neem in ag die krag van Migael die aartsengel - sy ondergeskiktheid aan God is die allermooiste. Indien die ondergeskiktheid van engele ‘n argument is vir dié van vroue, dan kan ons sien dat onderdanigheid nooit veronderstel is om ‘n vrou se sterkte of waardigheid van haar af weg te neem nie.
Die profeet Daniёl word verwittig wie Migael die aartsengel eintlik is: “die groot engel wat oor die lede van jou volk waghou” (Dan 12:1). Daniёl se mense is die Jode en die feit dat Migael hulle “beskerm,” suggereer dat God verskeie heilige engele oor verskeie lande of groepe mense geplaas het. Die demone het blykbaar ‘n soortgelyke hiёrargie (sien Dan 10:20). Die feit dat Migael ‘n “groot prins” is, dui aan dat hy outoriteit in die geestelike ryk het. Daar is andere – Dan 10:13 sê dat Migael “een van die vernaamste engele” is.
Migael die aartsengel het, dit wil so voorkom, ‘n prominente rol in die gebeure van die eindtye. Daniёl het gehoor by die engel van die Here, dat gedurende die eindtyd, Migael sal “verskyn” en daar sal ‘n tyd van bitter swaar tyd kom – ‘n verwysing na die Groot Verdrukking (Dan 12:1). Aan Israel word daar gedurende daardie tyd beskerming verleen, wat gevolg sal word deur ‘n groot opstanding van die dooies – sommige tot die ewige lewe en ander tot ewige straf en skande (Dan 12:2). Die wegraping van die kerk sal vergesel word deur “die stem van die aartsengel” (1 Tess 4:16); dit kan ‘n verwysing na Migael wees, maar die Skrif noem nie spesifiek sy naam hier nie. Die laaste melding van Migael word gemaak in Openbaring 12:7. Gedurende die verdrukking het daar “toe oorlog gekom in die hemel.” Migael en sy engele het geveg teen die draak en die draak en sy engele het terug geveg (Openbaring 12:7). Migael en die magte van die hemel oorwin die draak (Satan), en die duiwel word uit die hemel gegooi op die aarde. Daar gaan Satan verwoed “om oorlog te maak teen . . . . ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het” (Openbaring 12:17). Daar word ‘n geestelike oorlog gevoer oor die harte en siele van die mensdom. Migael die aartsengel is ‘n sterk engelagtige prins wat Israel beskerm en God dien in onderdanigheid deur teen Satan te veg. Die duiwel kan sy ergste laat plaasvind, maar hy is nie sterk genoeg om die hemelse magte te oorwin nie (Openbaring 12:8).
English
Wie is Migael die aartsengel?