settings icon
share icon
Vraag

Wie was Maria Magdalena?

Antwoord


Maria Magdalena was n vrou uit wie Jesus 7 duiwels gedryf het (Luk 8:2). Die naam Magdalena dui waarskynlik aan dat sy van Magdala afkomstig was, ‘n stad op die suidwestelike kus van die See van Galilea. Nadat Jesus 7 duiwels uitgedryf het, het sy een van Sy volgelinge geword.

Maria Magdalena word geassosieer met “‘n Sekere vrou in die dorp, wat ‘n sondige lewe gelei het” (Luk 7:37), wat Jesus se voete gewas het, maar daar is geen skriftuurlike bewys daarvoor nie. Die dorp Magdala het ‘n reputasie gehad vir prostitusie. Hierdie inligting, tesame met die feit dat Lukas 7 se eerste melding van Maria Magdalena en dadelike opvolg met die weergawe van die sondige vrou (Luk 7:36-50), het daartoe gelei om dié twee vroue gelyk te stel. Maar daar is geen bewys in die Skrif om dit te steun nie. Maria Magdalena word nêrens geïdentifiseer as ‘n prostituut of as ‘n sondige vrou nie, ongeag populêre voorstellings van haar soos hierdie nie. Maria Magdalena word ook dikwels geassosieer met die vrou wat met klippe doodgegooi moes word, wat Jesus gered het, nadat sy van troubreuk beskuldig was (Joh 8:1-11). Maar dit is ook ‘n assosiasie met geen bewys. Die fliek “The Passion of the Christ” het hierdie konneksie gemaak. Hierdie siening is moontlik, maar nie waarskynlik nie en sékerlik nie ‘n bybelse weergawe nie.

Maria Magdalena het die meeste van die gebeure rondom die kruisiging beleef. Sy was teenwoordig by die spotverhoor van Jesus; sy het gehoor hoe Pilatus die doodsvonnis uitspreek; en sy het gesien hoe Jesus geslaan en verneder word deur die menigte. Sy was een van die vroue wat naby Jesus gestaan het gedurende die kruisiging,om te probeer om hom te vertroos. Die vroegste getuie met Jesus se opstanding was sy, wat deur Jesus gestuur was om die ander te gaan vertel (Joh 20:11-18). Alhoewel dit die laaste melding in die Bybel is wat van haar gemaak word, was sy heel moontlik tussen die vroue wat saam met die dissipels vergader het, om die beloofde koms van die Heilige Gees af te wag (Hand 1:14).

Die roman, “The DaVinci Code” maak die aanname dat Jesus en Maria Magdalena getroud was. Sommige van die nie-bybelse vroeë Christelike geskrifte (let wel op dwaalleer by die vroeë Christene) praat van ‘n spesiale verhouding tussen Maria Magdalena en Jesus. Daar is egter geen steun van watter aard ookal om te glo dat Jesus en Maria Magdalena getroud was nie. Die Bybel laat nêrens so iets deurskemer nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was Maria Magdalena?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries