Vraag
Is Lucifer Satan? Beskryf die val van Lucifer, Satan?
Antwoord
Daar is geen vers in die Bybel wat sê, “Lucifer is Satan” nie, maar ‘n ondersoek van verskeie gedeeltes openbaar dat Lucifer niemand ander as Satan kan wees nie. Die val van Lucifer soos in Jes 14:12 beskryf, is feitlik dieselfde as waarna Jesus verwys het in Luk 10:18: “Ek het die Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val.” ‘n Soortgelyke val kom voor in Eseg 28.
Jes 14:12-18 beskryf die val vanuit die hemel van iemand genaamd, “Lucifer,” ‘n naam wat beteken “helder môrester,” “son of the dawn,” “Day Star,” of “shining star.” Die beskrywing van die een na wie verwys word, wys vir ons dat dit niemand anders as Satan kan wees nie. Ons weet van Jesus se eie woorde in Lukas 10 dat Satan uit die hemel geval het. Dus, waar Jesaja na Lucifer verwys (In Hebreeus helel) toe hy uit die hemel op die aarde gegooi was (Jes 14:12), kan dit niemand anders as Satan wees nie. Die rede vir sy val word gevind in verse 13 en 14: “En dit jy, jy wat gedink het: ‘ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde; ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self.’” Dit was altyd Satan se begeerte – om God te wees – en dit is juis hierdie versoeking wat hy in die tuin van Eden gebruik het om vir Eva sover te kry om aan God ongehoorsaam te wees: ”dan sal julle soos God wees” (Gen 3:5).
Esegiël 28 is ‘n ander gedeelte wat moontlik verwys na Lucifer/Satan. Alhoewel dit begin met Esegiël wat opdrag kry van God “Mens, sing ‘n treurlied oor die koning van Tirus” (vers 12), ‘n bose afgodskoning, dit raak gou duidelik dat die gedeelte ook verwys na die krag agter daardie koning – Satan. Vers 13 sê hy was in die “godetuin Eden.” Dit is duidelik dat die koning van Tirus nooit in Eden was nie. Vers 14: “Jy is uitgebeeld as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou, Ek het jou die opdrag gegee.” Klaarblyklik het Lucifer/Satan ‘n posisie van ‘n engel in die hemel gehad wat moes waghou “tussen glinsterende edelstene,” met die gedagte aan die skitterende kosbare juwele wat ons sien in ander beskrywings van die hemel (Eks 24:10; Openbaring 21:18-21). Aangesien die koning van Tirus nooit in die hemel was nie, kan dit slegs ‘n beskrywing van Lucifer wees. Die res van die gedeelte beskryf die rede waarom hy uit die hemel uitgewerp was. As gevolg van sy skoonheid, het sy hart trots geraak en sy wysheid was korrup (Eseg 28:17). Trots in sy volmaakte vorm, wysheid en skoonheid (vers 12) het die bron van sy verval geword en God het hom op die aarde gegooi (vers 17). Dit was deur die Here Jesus getuig in die hemel, voor Sy inkarnasie (Luk 10:18). Om saam te vat, Lucifer was uit die hemel gewerp as gevolg van sy sonde van trots en sy begeerte om God te wees. Jesus het na Satan verwys, toe hy uit die hemel gegooi was. Dus, kan ons tot die slotsom kom, dat Lucifer en Satan een en dieselfde was.
English
Is Lucifer Satan? Beskryf die val van Lucifer, Satan?