settings icon
share icon
Vraag

Wat is Lectio Divina?

Antwoord


Lectio Divina is die Latyns vir “goddelike lees” of “heilige lees” en verteenwoordig ‘n bidmetode en skriftuurlike lesing wat bedoel is om met God gemeenskap te hê en spesiale geestelike insigte te kry. Die beginsels van Lectio Divina was gedurende die jaar 220 en later deur die Katolieke monnike gebruik, veral die kloosterlike reëls van St Pachomius, Augustine, Basil en Benedict.

Die praktyk van Lectio Divina is huidig baie populêr tussen Katolieke en Gnostikusse en is besig om aanvaarding in te palm as ‘n integrale deel van die toewydingspraktyke van die Opkomende Kerk. Pous Benedict XVI het in ‘n toespraak in 2005 gesê, “Ek wou graag die antieke tradisie van Lectio Divina spesifiek herroep en ook aanbeveel: die ywerige lees van die Heilige Skrif, gepaardgaande met gebed, bring die intieme dialoog waarin die persoon lees, na vore, hoor dat dit God is wat praat en in gebed, Hom antwoord met vertroue en ‘n openheid van hart.” Lectio is ook aanpasbaar vir mense met ander gelowe – soos die Bhagavad Gita, die Torah of die Koran. Nie-Christene kan maklik gepaste veranderinge maak aan die metode om sekulêre tradisies te akkommodeer. Verder kan die vier beginsels van Lectio Divina ook aangepas word by die vier filosofiese beginsels van Jung oor gevoel, denke, intuïsie en gevoel

Die eintlike oefening van Lectio Divina begin met ‘n tyd van ontspanning, deur jouself gemaklik te maak en jou gedagtes skoon te maak van wêreldse denke en kommer. Sommige Lectio Divina praktisyns vind dit ondersteunend om te konsentreer deur te begin met diep,skoon asemhalings en ‘n herhaling van ‘n gekose woord of frase verskeie kere, om die gedagtes te bevry. Dan volg hulle 4 stappe:

Lectio – Lees die Bybel sag en stadig verskeie kere. Die gedeelte self is nie belangrik nie, aangesien die genieting van elke stukkie wat gelees word, waar daar konstant geluister word vir die “stil, klein stemmetjie” van ‘n woord of frase wat op een of ander wyse tot die beoefenaar spreek.

Meditatio - Om te reflekteer op die teks of die gedeelte en om te dink hoe dit op jou lewe van toepassing is. Hierdie word beskou as ‘n baie persoonlike lees van die Skrif en baie persoonlike toepassing.

Oratio – Om te antwoord op die gedeelte deur die hart oop te maak teenoor God. Dit is nie primêr ‘n intellektuele oefening nie, maar word gesien as meer net die aanvanklike gesels met God.

Contemplatio – Om na God te luister. Dit is om jouself te bevry van jou eie gedagtes, beide wêrelds en heilig en om te hoor hoe God met ons praat. Om die gedagtes, hart en siel te open vir God se invloed.

Natuurlik is die verband tussen Bybellees en gebed iets wat aangemoedig moet word; dit moet altyd saamgaan met mekaar. Die inherente gevare met betrekking tot hierdie soort oefening en die verstommende ooreenstemming met transendentale meditasie en ander gevaarlike rituele, moet versigtig oorweeg word.Dit het die potensiaal om ‘n navolging van mistieke ervaring te word, waar die mikpunt is om die gedagtes te bevry en jouself te bemagtig. Die Christen moet die Skrif gebruik om God se kennis na te speur, wysheid en heiligheid deur die objektiewe betekenis van die teks, met die teiken om die gedagtes te verander volgens die waarheid. God het gesê dat Sy volk sal ondergaan, weens ‘n gebrek aan kennis en toewyding (Hosea 4:6), nie as gevolg van te min mistieke, persoonlike ontmoetinge met Hom nie.

Hulle wat ‘n bonatuurlike houding inneem tot die teks, neig om dit los te maak van die konteks en natuurlike betekenis en dit te gebruik op ‘n subjektiewe, individualistiese, eksperimentele manier, waarvoor dit nooit bedoel was nie. Dis hier waar Lectio en Gnostisisme ooreenkomste deel. Christelike Gnostisisme is die oortuiging dat ‘n mens ‘n “gnosis” (uit Grieks “Gnosko”, “om te weet”) of mistieke, innerlike kennis verkry, slegs as jy behoorlik geïnisieer is. Slegs ‘n paar kan hierdie mistieke kennis besit. Natuurlik is die gedagte om spesiale kennis te hê, baie aanloklik en dit laat die “kenner” belangrik en uniek voel, omdat sy/hy ‘n spesiale ervaring met God het, wat niemand anders beleef nie. Die “kenner” glo dat die massas nie in besit is van spirituele kennis nie en dat slegs die “verligtendes” God kan beleef. Dus, die herinvoer van peinsende of sentrale gebed – ‘n peinsende oefening wat fokus om ‘n mistieke ervaring met God te beleef – in die Kerk inbring. Peinsende gebed is dieselfde as die mediterende oefeninge wat in Oosterse godsdienste en New Age beoefen word en het geen basis hoegenaamd in die Bybel nie, alhoewel sulke bidders die Bybel as vertrekpunt gebruik.

Verderaan, die inherente gevare deur ons gedagtes oop te stel en na stemme te luister, moet voor die hand liggend wees. Die nadenkende bidders is so opgewonde om iets te hoor – enigiets – dat hulle objektiwiteit kan verloor, wat nodig is om te onderskei tussen God se stem, hul eie gedagtes en die infiltrasie van demone in hul denke. Satan en sy makkers is altyd begerig om opening in die denke van die niksvermoedende te kry en om gedagtes op sulke maniere te open, is om chaos in te nooi. Ons moet nooit vergeet dat Satan altyd op die soek is na prooi, soekend is om ons siele te vernietig (1 Pet 5:8). En hy kan verskyn as ‘n engel van die lig (2 Kor 11:14), en besig wees om sy misleiding in ons oop en gewillige gedagtes te fluister.

Laastens, die aanval op die toereikendheid van die Skrif is ‘n duidelike onderskeiding van Lectio Divina. Waar die Bybel aanspraak maak dat dit al is wat ons benodig om die Christelike lewe te lei (2 tim 3:16), ontken Lectio se aanhangers dit. Hulle wat “gespreksgebede” beoefen, en ‘n spesiale openbaring van God af soek, vra Hom om dit wat Hy reeds aan die mensdom geopenbaar het, verby te gaan, asof Hy nou teruggaan op al Sy beloftes, in verband met Sy ewige Woord. Ps 19:7-14 bevat die definitiewe stelling oor die volledigheid van die Skrif. Dit is “volmaak, dit gee lewe”; dit is “reg, bring blydskap vir die hart”; dit is “suiwer, gee insig”; dit is “waar” en “regverdig ”; en dit is “kosbaarder as goud.” As God alles wat Hy in hierdie Psalm sê, bedoel het, dan is daar geen nodigheid vir addisionele openbaring nie en om Hom te vra daarvoor, is om te ontken dit wat Hy alreeds openbaar het.

Die Ou en Nuwe Testamente is woorde van God wat bestudeer moet word, daaroor moet gemediteer word, daaroor gebid word en as kennis gememoriseer word en vir die objektiewe betekenis wat hulle bevat en die outoriteit van God wat hulle dra en nie vir die mistieke ervaring of gevoel van persoonlike mag en innerlike vrede wat hulle mag stimuleer nie. Ware kennis kom eerste; dan die blywende soort ervaring en vrede kom as ‘n byproduk deur God te ken en reg met Hom te kommunikeer. Solank as wat iemand hierdie siening van die Bybel en gebed handhaaf, is hy/sy in dieselfde soort van meditasie en gebed wat gelowige volgelinge van die Bybel van Christus altyd aanbeveel het.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Lectio Divina?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries