settings icon
share icon
Vraag

Hoekom verwys Mormone na hulself as Heiliges van die Laaste Dae?

Antwoord


Toe die honger na godsienstige ondervinding sy piek bereik het in die 1800’s het die tekort aan eenheid onder die verskillende vertakkings van die Christelike geloof ‘n struikelblok geraak. ‘n Man met die naam, Joseph Smith het na vore gekom en sy eie gerapporteerde godsdienstige ervarings as die oplossing voorgestel. Hy het homself as ‘n profeet van God verklaar. Volgelinge het getuig dat God die “heilige priesterskap van die apostels en dissipels van ouds” aan Joseph Smith oorgedra het. Smith het ook verklaar dat in hierdie “laaste dae” van die wêreld, alle ander kerke deelgeneem het in afvalligheid en slegs sy private openbaring (daardie of hulle wat met hom geassosieer het) kon vertrou word vir verlossing en instruksies.

Deur die pogings van Joseph Smith en Oliver Cowdery hoofsaaklik, was ‘n organisasie gevorm en genoem “Die Kerk van Jesus Christus vir die Heiliges van die Laaste Dae.” Die naam was gerapporteer as ‘n openbaring van Jesus Christus. Dit was om drie spesifieke sekerhede aan te dui: 1. Jesus Christus het die kerk georden; 2. Die kerk se bediening was spesifiek vir die laaste dae van die wêreld, en 3. Die kerk sou bestaan uit die ware heiliges wat deur Jesus Christus erken was. So ‘n naam sou baie aantreklik wees in ‘n tyd van doktrine wat wyd gefluktueer het. Die LDS kerk het beweer dat hul taak was om die koninkryk van God daar te stel en om die die praktyke van die Christelike godsdiens in te stel, soos God bedoel het. Hierdie dinge saam was algemeen genoem “die restoration of the gospel” en het deel gevorm van die herstelbeweging van die 19de eeu.

Volgens die Bybel, is dit God wat Sy koninkryk sal vestig (Jes 9:7). Die heiliges is nie geroep om dit vir Hom te doen nie. Ook óf ons die laaste dae as die einde van die wêreld sien óf al die dae ingesluit, van die voltooide bediening van Jesus Christus, is daar geen bybelse steun vir ‘n gebroke evangelie in nood vir herstel nie. Jesus het Simon Petrus se erkenning van Hom as “U is die Christus, die Seun van die lewende God” verklaar as die rots waarop Hy Sy kerk sal bou “en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie…” (Matt 16:16,18). God verklaar ook dat, alhoewel sommige van die waarheid afgedwaal het, “die hegte fondament wat God gelê het, staan vas…” (2 Tim 2:18,19). Hierdie verse dui aan dat die kerk ‘n volhardende natuur het binne die konteks van die evangelie. In die eindtyd egter sal afvalligheid toeneem (Matt 24:11), maar die evangelie sal bly voortleef in hulle wat volhard (Matt 24:13-14).

Die ware werk van die hedendaagse heiliges is om aan te hou om die waarheid van die ewige evangelie te verkondig (Joh 3:16; Mark 16:15) en “Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het” (2 Tim 1:13).



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom verwys Mormone na hulself as Heiliges van die Laaste Dae?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries