settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Koepel van die Rots?

Antwoord


Die “Dome of the Rock” is ‘n Moslem heiligdom wat gebou is op die Tempelberg in Jerusalem in 691 nC. Die Koepel van die Rots is deel van ‘n groter Moslem heilige area wat ‘n betekenisvolle deel vorm van wat bekend staan as die Moriaberg, in die hart van Jerusalem. Die Koepel van die Rots kry die naam as gevolg van die feit dat dit oor die hoogste gedeelte gebou is (die koepel) van Moriaberg, waar Jode en Christene glo, dat Abraham homself voorberei het om sy seun Isak aan God te offer (Gen 22:1-14).

Dit is ook ‘n oorweging dat dit die plek kan wees van die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet, waar Dawid ‘n altaar vir die Here gebou het (2 Sam 24:18). Dit is ook op of baie naby die plek waar Herodus se tempel gestaan het, voordat dit verwoes is in 70 nC deur die Romeinse soldate. Sommige glo selfs dat die rots die plek kan wees van die Allerheiligste, wat deel was van die Joodse Tempel waar die Joodse Hoëpriester eenmaal per jaar sou ingaan om versoening vir Israel se sondes te doen.

Die Koepel van die Rots vorm deel van die groter Islamitiese area, bekend as die “Noble Sanctuary” of “Al-Haram al-Sharif. Hierdie area dek 35 akker en bevat beide die Al-Aqsa Mosque en die Koepel van die Rots. Nadat die Moslems beheer geneem het oor Jerusalem in 637 vC, het Islamitiese leiers die bou van die Koepel van die Rots in 685 vC toegestaan. Dit het ongeveer 7 jaar geneem om te voltooi en is vandag een van die wêreld se oudste Islamitiese strukture.

Die platform of Tempelberg wat die Koepel vestig en Al-Aqsa Mosque was gebou in die eerste eeu nC onder die regering van Herodus die Grootte, as deel van sy herbouing van die tweede Joodse Tempel. Jesus het by Herodus se Tempel aanbid en dit was daar waar Hy geprofeteer het oor die verwoesting (Matt 24:1-2). Jesus se profesie is vervul toe die Tempel deur die Romeise leër verwoes is in 70 nC.

Die Tempelberg waar die Koepel van die Rots geleë is, is nie net vir die Moslems wat dit beheer, belangrik nie, maar ook vir die Jode en Christene. Gesien as die plek waar die Joodse Tempel eens gestaan het, word die Tempelberg beskou as die heiligste plek in Judaïsme en is die plek waar Jode en sommige Christene glo dat die derde en finale tempel gebou sal word. Hierdie area is ook die derde heiligste plek in Islam. As gevolg van die belangrikheid vir beide Jode en Moslems, is die Tempelberg area ‘n hoogs betwiste religieuse plek waaroor beide die Palestynse Outoriteit en Israel soewereiniteit eis.

Die Koepel van die Rots is ‘n indrukwekkende struktuur en word maklik gesien in baie foto’s van Jerusalem. Dit is nie slegs op die berg Moria nie, maar ook gebou op ‘n verhoogde platform wat nog 16 vt oplig bokant die res van die Tempelberg area. Binnekant die senter van die Koepel is die hoogste punt van die berg, Moria. Hierdie barre rots se mate is ongeveer 60 vt x 40 vt en troon ongeveer 6 vt vanaf die vloer van die heiligdom. Baie mense verwys verkeerdelik na die Dome of Rock as ‘n moskee, maar dit was eintlik gebou as ‘n heiligdom vir pelgrims, alhoewel dit naby ‘n belangrike Moslem moskee geleë is.

Sommige glo dat die Koepel gebou is, omdat, volgens Moslemlegende, die Profeet Mohammed na die Moriaberg geneem is na die engel Gabriël en vandaar af in die hemel opgeneem is en al die profete wat hom vooruitgegaan het, ontmoet het, sowel as om God te sien sit op Sy troon, omring deur engele. Hierdie storie verskyn nie in enige Islamitiese tekste nie, totdat verskeie dekades verloop het na die heiligdom gebou was, wat daartoe gelei het dat sommige glo dat die primêre rede is dat die Koepel gebou was om die Islamitiese oorwinning oor Christene in Jerusalem te vier en nie om die veronderstelde opvaarding van Mohammed te vereer nie.

Toe Israel beheer geneem het oor daardie deel van Jerusalem na die Six-Day War in 1967, het die Israeli leiers ‘n Islamitiese godsdienstige kartel toegelaat om outoriteit oor die Tempelberg en die Koepel van die Rots te verkry, as ‘n manier om die vrede te help bewaar. Sedert daardie tyd het nie-Moslems beperkte toegang verkry tot die area, maar word nie toegelaat om op die Tempelberg te bid nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Koepel van die Rots?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries