settings icon
share icon
Vraag

Wat leer “Kingdom Now” ons in vandag se lewe?

Antwoord


“Kingdom Now” teologie is ‘n geloof binne die Charismatiese beweging van die Protestantse Christendom, hoofsaaklik in die Verenigde State. Hierdie proponente glo dat God beheer oor die wêreld verloor het ten opsigte van Satan, toe Adam en Eva gesondig het. Sedertdien gaan die teologie daaroor dat God probeer om beheer weer in te stel oor die wêreld, deur ‘n spesiale groep gelowiges te soek – bekend as onderskeidelik “covenant people,” “overcomers,” of “Joel’s army,” – en dat deur hierdie mense, sosiale instellings (insluitende regerings en wette) onder God se outoriteit gebring sou word. Hulle glo dat aangesien dieselfde Heilige Gees wat in gelowiges woon, ook in Jesus woon, ons al die outoriteit in die hemel en op aarde het; ons die mag het om te glo vir en bestaan te spreek in dinge wat nie bestaan nie en sodoende kan ons die “Kingdom Age” voortbring.

Tussen die mees omstrede doktrines van die teologie is die oortuiging dat sekulêe of nie-Christelike samelewing nooit sal sukses behaal nie. Gevolglik opponeer Kingdom Now ‘n skeiding van kerk en staat. Ander oortuigings sluit die idee in dat ons, die Liggaam van Christus, dan self Christus is. M.a.w. ons het Sy goddelike natuur. Kingdom Now dosente verwerp die wegraping as ‘n gevoel van ekstase of opgewondenheid wanneer die die Here weer kom om die koninkryk by ons oor te neem. M.a.w., almal sal emosioneel “opgeneem” word wanneer Hy weer kom. Ook tussen die onbybelse gelowe bestaan die gedagte dat alle profesieë betreffende toekomstige Israel – beide in die Ou en Nuwe Testamente – op die kerk van toepassing is.

Kingdom Now teologie sien die Wederkoms van Jesus in twee stadia: eerstens deur die vlees van die gelowiges (en in besonder die hedendaagse apostels en profete), en dan in persoon om die koninkryk aan Hom te oorhandig deur hulle wat oorwinnaars is (“overcomers”). Voorafgaande aan die Wederkoms, moet die oorwinnaars die aarde van alle bose invloede suiwer. Kingdom Now verkondig dat Jesus nie kan terugkom, totdat Hy al Sy vyande onder die kerk se voete geplaas het nie (insluitende dood, vermoedelik).

Alhoewel daar mense is wat glo in sommige Kingdom Now leerstellinge, maar nie in alles nie, het hulle wel van die leringe in gemeen wat reeds bespreek is, alles wat buitekant die hoofstroom Christendom is en alles wat die Skrif ontken. Eerstens, die gedagte dat God “beheer verloor” het oor alles is belaglik, veral dat Hy mense benodig om Hom te help om weer beheer te herwin. Hy is die soewereine Here van die heelal, volmaak en heilig, perfek in al Sy eienskappe. Hy het algehele beheer oor alle dinge – verlede, teenswoordige en die toekomstige – en niks gebeur sonder Sy opdrag nie. Alles gaan voort volgens Sy goddelike plan en doelwit en nie ‘n enkele molekule beweeg uit eie beweging nie. “Die Here die Almagtige het dit besluit; wie sal dit kan verydel? Sy hand is uitgesteek; wie sal die oordeel kan afweer?” (Jes 14:27). Mense het nie die mag om te glo en dinge in bestaan te spreek, wat nie bestaan nie, aangesien hierdie mag aan God alleen behoort, wat dit nie goed vind as hulle aanmatigend optree om dit van Hom te te neem en vir hulself toe te eien nie. “Dink hieraan en luister, neem dit ter harte, julle oortreders. Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek. Ek roep ‘n roofvoël uit die ooste, uit ‘n ver land roep ek ‘n man wat my besluit sal uitvoer. Ek het dit gesê en Ek sal hom laat kom, Ek het dit beplan en Ek sal dit doen” (Jes 46:8-11).

Hul ontkenning van die wegraping van die kerk is ook onbybels. Die verduideliking dat die wegraping niks meer is as dat God se volk opgeneem word in ekstatiese gevoelens, ignoreer die feit dat so ‘n toepassing van die term “caught up” ‘n idiomatiese uitdrukking is wat uitsluitlik in Engels gebruik word, nie in Grieks nie. “ I was ‘caught up’ in the movie” (of enige ander opgewondenheid) is nie die ekwivalent van ‘harpazo’ nie, in 1 Tess 4:17, 2 Kor 12:2-4 en Openbaring 12:5, gewoonlik word dit gebruik om die liggaamlike wegraping in die hemel te beskryf en Hand 8:39 waar Filippus liggaamlik “caught away” was deur die Gees na ‘n ander plek toe.

Alhoewel ons deel is van Christus en goddelike natuur het, is ons nie Christus nie, derhalwe deel ons in Sy goddelike natuur (2 Pet 1:4) deur verlossing en die inwoning van die Heilige Gees. Christus is die tweede Persoon van die Godheid en niemand word self God nie. Dit is ‘n leuen van die vader van die leuens, Satan, wat dit eerste in die Tuin van Eden aan Adam en Eva vertel het, toe hy Eva verlei het deur te sê, “dan sal julle soos God wees” (Gen 3:5).

Die idee dat die kerk Israel vervang het en dat die vervulling van die profesieë aan Israel op die kerk betrekking het, staan bekend as “vervangingsteologie” en is onbybels. Die beloftes aan Israel sal in Israel vervul word, nie in die kerk nie. God se seëninge aan Israel is ewig en kan nie herroep word nie.

Laastens, die wederkoms van Christus sal gebeur wanneer Hy, nie mense nie, Sy vyande verslaan en alle dinge onder Sy voete plaas. Die beskrywing van die wederkoms in Openbaring 19 is die beskrywing van ‘n magtige krygsman wat kom om alle dinge reg te stel, nie iemand wat kom na ‘n reeds opgeruimde en skoon aarde, gereed vir Hom om te regeer nie. Vers 15 is duidelik: “Uit sy mond het daar ‘n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref en Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige.” As die aarde “gereinig word van al die bose invloede,” soos die Kingdom Now-aanhangers glo, hoekom benodig Hy ‘n skerp swaard om die nasies uit te wis en hoekom bly die woede en wraak van God steeds teenoor hulle bestaan?

Kingdom Now-teologie is een van baie in ‘n lang ry valse, onbybelse en misleidende filosofieë van mense, wie se sinlose verbeeldings poog om God te vermenslik en die mens te vergoddelik. Dit moet ten alle koste vermy word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat leer “Kingdom Now” ons in vandag se lewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries