settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is kerk bywoning so belangrik?

Antwoord


Die Bybel vertel ons dat dit belangrik is om kerk toe te gaan sodat ons saam met ander gelowiges vir God kan prys asook om geleer te word deur Die Woord van God wat belangrik is vir ons geestelike groei (Handelinge 2:42; Hebreërs 10:25). Die kerk is waar gelowiges liefde aan mekaar betoon (1 Johannes 4:12), mekaar te ondersteun (Hebreërs 3:13), mekaar aan moedig (Hebreërs 10:24), mekaar te dien (Galasiërs 5:13), mekaar te onderrig (Romeine 15:14), mekaar te eer (Romeine 12:10) en om vriendelikheid aan mekaar te betoon (Efesiërs 4:32).

Wanneer ‘n persoon op Jesus Christus vertrou vir saligmaking, dan behoort hy of sy aan die liggaam van Christus (1 Korintiërs 12:27). Die kerk liggaam funktioneer behoorlik wanneer al die “liggaams dele” bymekaar is (1 Korintiërs 12:14-20). Netso sal ‘n gelowige nie volle geestelike groei bereik sonder die aanmoediging en van ander gelowiges nie (1 Korintiers 12:21-26). Vir hierdie rede is kerk bywoning, deelneming en kameraadskap ‘n belangrike aspek van ‘n gelowige se lewe. Weeklikse kerk bywoning is geensins ‘n vereiste vir gelowiges nie, maar iemand wat aan Christus behoort sal ‘n behoefte hê om God te prys, om Sy Woord te ontvang en om broederskap met ander gelowiges te hê.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is kerk bywoning so belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries