settings icon
share icon
Vraag

Vir wie was Kain bang nadat hy vir Abel vermoor het?

Antwoord


In Gen 4:13-14, kort nadat hy sy broer vermoor het, het Kain vir die Here gesê, “My straf is te swaar om te dra. U verdryf my nou van my grond af en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal ‘n doellose swerwer op aarde wees en wie my raakloop, sal my vermoor.” Vir wie presies was Kain bang? Die enigste mense wat die boek Genesis op daardie stadium genoem het, was Adam en Eva, sy ouers en Abel, wat nou dood was. Wie kon moontlik ‘n bedreiging vir Kain wees?

Dit is belangrik om te besef dat Kain en Abel beide volwassenes was teen daardie tyd, toe Abel vermoor is. Beide Kain en Abel was boere wat omgesien het na hul eie saailande en veekuddes (Gen 4:2-4). Die Bybel sê nie hoe oud hulle was nie, maar was waarskynlik in hul dertigs of veertigs. Daar word nie genoem dat Adam en Eva enige kinders tussen Abel en Set (Gen 4:23) gehad het nie. Tog is dit hoogs onwaarskynlik dat die twee mees perfekte menslike wesens in die geskiedenis van die wêreld, Adam en Eva, nie enige kinders oor verskeie dekades sou hê nie. Ná Set het hulle baie kinders gehad (Gen 5:4), dus waarom sou daar nie kinders tussen Abel en Set gewees het nie? Volgens die Bybel, na Abel se dood, is dit nie so dat Set hul eerste kind was nie of selfs die eerste seun nie. Dit sê eerder dat Set ‘n “plaasvervanger” vir Abel was. Gen 5 som die geslagsregister van Set op. Voor sy dood, was Abel waarskynlik die “verkose” seun wat uiteindelik die Messias sou voortbring (Gen 3:15). Dit is dus daarom dat Set vir Abel “vervang” het.

Dus, vir wie was Kain bang? Kain was bang vir sy eie broers, susters, neefs en niggies, wat toe reeds gebore was en wraak kon soek, reeds op daardie stadium. Die feit dat Kain ‘n vrou gehad het (Gen 4:17) is ‘n verdere bewys dat Adam en Eva ander kinders ná Kain en Abel gehad het, maar voor Set.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Vir wie was Kain bang nadat hy vir Abel vermoor het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries