settings icon
share icon
Vraag

Wie was Joseph Smith?

Antwoord


Joseph Smith is baie bekend as die stigter van die Mormoonse Kerk, ook bekend as Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dag. Joseph Smith het van jongs af sekere okkultiese kragte. Hy was van ‘n jong ouderdom bekend as ‘n siener en na bewering het hy ‘n sienerklip gebruik om hom te vertel waar om sulke kosbare metale soos silwer te vind. Beide hy en sy pa was bekend as “skatsoekers” en het waarsêery en towerkuns gebruik vir hierdie uitstappies. Dit het hom natuurlik ‘n naam en ‘n reputasie besorg. Tot vandag toe word hy deur sommige as ‘n heilige beskou en deur ander as ‘n totale kwaksalwer.

Joseph Smith het opgegroei gedurende ‘n tyd van geestelike oplewing in Amerika, bekend as restourasionisme. Dit was gedurende hierdie tyd,1820, dat hy verkondig het dat hy ‘n wonderbaarlike visioen ontvang het, waarin God die Vader en God die Seun sigbaar geword het en met hom gepraat het, terwyl hy in die woud gebid het. Hy het ook gesê, na beweer word, dat dié twee “persone” eerder ‘n vae siening oor die Christelike kerk gehad het en aangekondig het dat ‘n restourasie van die Christendom nodig was en dat Smith gekies was om die nuwe dispensasie te voltrek. Sedert die begin daarvan tot die huidige dag, behou die Mormoonse Kerk die posisie dat slegs hulle ware Christenskap verteenwoordig.

Mormoonleiers het dit aanhoudend geleer dat, na die dood van die Apostels, het opregte Christenskap heeltemal tot ‘n val gekom en dit nodig gemaak vir ‘n “restourasie.” Maar selfs na die hemelse “visioen”, het Joseph en vriende aangehou om skatte te soek, deur middel van okkultiese metodes. Hierdie metodes was onwettig daardie tyd en Smith was skuldig bevind vir “glasslooking” in 1826, maar voor dit in Chenango County, New York, het die nuwe “profeet van die Here” aangehou om geskilpunte op te bring met nog ‘n ander wonderlike ontmoeting met die hemel. In 1823 het hy verkondig dat ‘n engel, genaamd Moroni, hom gekontak het, wat geopenbaar het dat daar goue plate by ‘n sekere plek was naby Palmyra, New York. Op die goue plate was ‘n geskiedenis van ‘n antieke man, genaamd Mormon en sy fabelagtige antieke Hebreeuse stam, wat glo ‘n “ander getuie” was oor die waarheid van die Christelike evangelie.

Dit was opgeneem in Mormoonse historiese dokumente dat die engel spesiaal brille voorsien het om te help met die vertaal van die geskrifte vanaf die goue plate. Dit was ook deurgegee, dat, gedurende die vertaling, die man wat Smith gehelp het, die voorreg gehad het om Johannes die Doper, Petrus, Jakobus en Johannes na Pennsylvania op 15 Mei 1829 te neem, om die “Aaronic Priesthood” op die manne oor te dra. Hierdie en ander verstommende stories is in Smith se boek “Pearl of Great Price” opgeneem.

Joseph Smith maak daarop aanspraak dat hy spesiale visioene gehad het en ‘n ongelooflike oopstelling van die hemel. ‘n Verklaring is egter geteken deur 62 inwoners van Palmyra, New York, wat ander meer wou inlig oor hom: sy familie, sy oortuigings, en sy okkultiese uitstappies om skatte te soek was “heeltemal ontbloot van morele karakter en verslaaf aan boosaardige gewoontes.” Tog het Smith daarop aanspraak gemaak om God se mondstuk te wees en as hy gepraat het, het hy beweer dat dit God was wat praat. Hierdie magtige posisie was deur baie volgelinge ernstig opgeneem en wanneer Smith ‘n visioen gehad het, was dit ernstig opgeneem, ongeag of dit “Christelike” morele standaarde weerspreek het. Smith se nuwe “openbaring van God” aangaande poligamie is maar een voorbeeld.

Populêr of nie, Smith se bekendmakinge “van God” het hom beroemd gemaak vir net ‘n paar jaar. Sy hoogs verbeeldingryke stories het altyd soos wetenskapfiksie gelees, deur bybelse waarheid te verdraai en met verbeelding te meng. Hy was altyd versigtig om bybelse waarheid na te boots en baie keer het hy die Bybel herskryf. Vir baie is sy teologie ‘n verwronge spieëlbeeld van regte teologie. Dit is verleidelik deur ‘n mondjievol van wat mense ken, as bybelse waarheid te gebruik.

Joseph Smith het sy einde bereik in die hande van ‘n woedende gepeupel. Deur ‘n poging aan te wend om die poligamie-twispunt tot orde te roep, nadat die kerk in Nauvoo, Illinois gevestig was. Smith en sy volgelinge het ‘n anti-Mormoon koerantgebou verwoes en was gevolglik gearresteer en in die tronk hul verhoor afgewag. Die tronk was bestorm deur ‘n woedende groep van 200 mense en Joseph Smith en sy broer is vermoor. Na sy ontydige dood, was daar ‘n skeuring in die “kerk.” Die kerk wat Smith tot stand gebring het, is vandag nog sentraal in Missouri (the community of Christ-RLDS) en in Utah, waar baie Mormone hul nuwe leier, Brigham Young, gevolg het.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was Joseph Smith?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries