settings icon
share icon
Vraag

Beteken Joh 3:13 dat niemand voor Jesus hemel toe gegaan het nie?

Antwoord


Joh 3:13 sê, “Niemand op die aarde was al in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens.” Hierdie vers is ‘n bietjie moeilik om te interpreteer en word dikwels verkeerd verstaan. Dit word ook gereeld deur hulle gebruik wat soek na teenstellings in die Bybel. Deur na die teks in konteks te kyk, veral verse 10-12, sien ons dat Jesus praat oor die onderwerp van die outoriteit en geldigheid van Sy lering. In vers 13 verduidelik Jesus aan Nikodemus waarom Hy alleen waardig is om oor hierdie dinge te praat, naamlik, omdat Hy die enigste Een is wat ooit in die hemel was en teruggekom het, met kennis vanaf die hemel om mense te onderrig.

Geen mens dus, kan met outoriteit soos Jesus praat oor hemelse dinge nie. Om oor daardie dinge te praat, vereis intieme bekendheid daarmee en dat hulle gesien en beleef word soos net Jesus kon. Soos niemand in die hemel was en teruggekeer het nie, so is niemand opgewasse om oor hierdie dinge te praat nie, slegs Hy wat vanaf die hemel gekom het. Jesus het gesê dat Hy alleen die Een was, wat die Vader gesien het en net Hy was opgewasse om God te verkondig en Hom bekend te maak (Joh 1:18).

Dit beteken nie dat niemand ooit hemel toe was of gered was nie, want Enog en Elia is weggeneem daarheen (Gen 5:24; Heb 11:5; 2 Kon 2:11) en Abraham, Isak, Jakob en ander was daar. Dit beteken eerder dat niemand opgevaar het en “teruggekeer” het op só ‘n wyse om by magte te wees om oor dié dinge te praat nie. “Opvaar” dra die beeld van, om iewers na ‘n plek toe te gaan met outoriteit. Jesus is die enigste Een wat ooit met outoriteit opgevaar het hemel toe, aangesien Hy God se enigste Seun is (Joh 1:14).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Beteken Joh 3:13 dat niemand voor Jesus hemel toe gegaan het nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries