settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus die wet vervul het, maar dit nie afgeskaf het nie?

Antwoord


In Matteus lees ons van die Bergpredikasie, waar hierdie woorde van Jesus voorkom: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle, hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan, as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is” (Matt 5:17-18).

Daar word dikwels geredeneer dat as Jesus nie die wet ongeldig verklaar het nie, dat dit dan nog steeds bindend moet wees. Na aanleiding daarvan moet dinge soos die Sabbatdag-onderhouding nog steeds in werking wees, saam met verskeie ander elemente van die Mosaiëse wet. Hierdie gevolgtrekking is gegrond op woorde en inhoud van hierdie gedeelte, wat verkeerd verstaan word. Christus het nie hier bedoel dat die bindende aard van die wet van Moses vir ewig ‘n effek sal hê nie. So ‘n siening sal alles weerspreek wat ons in die Nuwe Testament leer (Rom 10:4; Gal 3:23-25; Ef 2:15).

In hierdie studie is die woord “abolish” van spesiale belang. Dit vertaal die Griekse term “kataluo”, wat letterlik beteken “om los te maak”. In die Nuwe Testament kom die woord sewentien keer voor. Dit is byvoorbeeld gebruik waar die Joodse tempel deur die Romeine verwoes is (Matt 26:61; 27:40; Hand 6:14) en die menslike liggaam vergaan het na die dood (2 Kor 5:1). Dit kan ook die uitgebreide betekenis dra van “om te gooi”, in die sin van “om op te gee, ontneem van sukses.” In klassieke Grieks is dit gebruik in verband met bepalings, wette, ensovoorts: om die gedagte van “nietig te verklaar” oor te bring.

Dit is veral belangrik om te let op die woord se gebruik in Matt 5:17: in hierdie verband word “ongeldig” as die teenoorgestelde van “vervul” gebruik. Christus het gekom…..”nie om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.” Jesus het nie na die aarde toe gekom met die doel om as opponent van die wet op te tree nie. Sy doel was nie om die vervulling daarvan te voorkom nie. Hy het dit eerder hooggeag, dit liefgehad, dit gehoorsaam en dit tot rypwording gebring. Hy het die wet se profetiese uitsprake aangaande Homself vervul (Luk 24:44). Christus het die opdragte van die Mosaiëse wet vervul, wat volmaakte gehoorsaamheid, onder die dreigement van ‘n “vloek” geëis het (Gal 3:10,13). Volgens hierdie betekenis, sal die wet se goddelike ontwerp altyd ‘n bindende uitwerking hê. Dit sal altyd die doel waarvoor dit daargestel is, bereik.

Indien die wet van Moses dieselfde verhouding met mense vandag sou gehad het, in terme van die bindende effek, dan was dit nie vervul nie en Jesus het nie daarin geslaag om te kom doen waarvoor Hy bestem was nie. Aan die ander kant, indien die Here Sy doel bereik het, was die wet vervul en is dit nie meer ‘n bindende wetlike bepaling vir vandag nie. Verderaan, indien Moses se wet nie deur Christus vervul is nie – en dus ‘n bindende wettiese sisteem vir vandag gebly het – dan is dit nie net gedeeltelik bindend nie, maar eerder ‘n totale verpligte sisteem. Jesus het dit eenvoudig gestel toe Hy gesê het nie “een letter of letterstrepie” (verwys na die kleinste tekens van die Hebreeuse skrif) sou wegval voordat alles vervul is nie. Gevolglik sou niks van die wet wegval, voordat dit ten volle sy doel bereik het nie. Jesus het die wet vervul. Jesus het die hele wet vervul. Ons kan nie sê dat Jesus net die sakramente kom vervul het en nie die ander aspekte van die wet nie. Jesus het óf alles kom vervul óf niks daarvan nie. Wat Jesus se dood vir die sakramente beteken, beteken dit ook vir die res van die wet.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus die wet vervul het, maar dit nie afgeskaf het nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries