settings icon
share icon
Vraag

Is dit moontlik om te weet wanneer Jesus terugkom?

Antwoord


Matt 24:36-44 verklaar,"Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit….Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie….Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie." Aanvanklik lyk dit asof hierdie verse 'n duidelike en eksplisiete antwoord gee op die vraag. Nee, niemand kan weet wanneer Jesus weer kom nie. Tog sê daardie verse nie dat geeneen ooit in staat sal wees om te weet wanneer Jesus weer kom nie. Die meeste Bybelkenners sou sê dat Jesus, nou verheerlik in die hemel, die tyd van Sy wederkoms weet. Hier word verwys na die frase "ook nie die Seun nie" beteken nie dat Jesus nooit sal weet wanneer Hy weer kom nie. Soortgelyk daarmee, is dit moontlik dat, al sê Matt 24:36-44 dat niemand op daardie tydstip sou weet nie, kon God Jesus se wederkoms aan iemand in die toekoms openbaar het.

Handelinge 1:7 stel dit so, "Dit is nie vir julle om die tyd en omstandighede te weet wat die Vader in Sy eie mag bepaal het nie." Dit is deur Jesus gesê nadat die dissipels Hom gevra het of Hy op daardie tydstip die koninkryk vir Israel sou herstel. Dit sou lyk asof dit Matt 24 se boodskap bevestig. Dit is nie vir ons om te weet wanneer Jesus weer terugkom nie. Daar is egter ook die vraag na watter terugkoms hierdie gedeeltes verwys. Praat hulle van die Wegraping of die Wederkoms? Watter koms is onweetbaar – die Wegraping, die Wederkoms of beide? Terwyl die Wegraping bekendgemaak word as naderend en misterieus, word die tydsberekening van die Wederkoms potensieel gebaseer op die eindtydprofesie.

Hiermee gesê, laat ons absoluut duidelik wees: ons glo nie dat God aan enigeen geopenbaar het wanneer Jesus weer kom nie en ons sien niks in die Skrif wat aandui dat God dit ooit aan iemand sal openbaar nie. Matt 24:36-44 praat direk met mense in Jesus se tyd en bevat ook 'n algemene beginsel. Die tyd van Jesus se wederkoms en die einde van die eeu is nie vir ons om te weet nie. Die Skrif bemoedig ons nêrens om te probeer om die datum te bepaal nie. Ons moet eerder "waaksaam" wees, "omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie" (v 42). Ons moet "altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie" (v 44). Die krag van Jesus se woorde verflou, indien iemand in die toekoms, op een of ander stadium, in staat sou wees om die tyd te kan bepaal. Indien die datum ontdek word, hoef ons nie langer waaksaam en gereed te wees nie. Dus, met die beginsel van Matt 24:36-44 in gedagte: nee, dit is nie moontlik vir enigeen om te weet op watter datum Jesus weer kom nie.

Ten spyte van die duidelike Bybelse beginsel, het baie regdeur die Christelike geskiedenis probeer om dié datum te profeteer. Baie sulke datums was daar al, maar almal was verkeerd. Die meeste daarvan, indien nie almal, wat spesifieke datums voorspel het, het twyfelvrae, dwaalleringe of dogmatiese standpunte oor ander sake. Soos reeds genoem, gebaseer op Matt 24:36 en Hand 1:7 is dit nie God se begeerte vir ons om die dag van Jesus se Wederkoms te bereken nie. Enigeen wat so 'n taak onderneem, is op 'n dwaalspoor.

Die sleutelpunte is eerstens dat die Bybel ons nêrens aanmoedig om te probeer om die tyd van Jesus se Wederkoms te ontdek nie en tweedens gee die Bybel geen eksplisiete inligting waarvolgens dit bepaal kan word nie. Die Bybel moedig ons aan om "waaksaam" en "gereed" te wees (Matt 24:42-44), eerder as om te spekuleer wanneer Jesus weer kom. Die feit dat daardie dag se datum onbekend is, moet ons motiveer om elke dag in die lig van die naderende Wederkoms van Christus te leef.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit moontlik om te weet wanneer Jesus terugkom?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries