settings icon
share icon
Vraag

Wat was die betekenis en doel van Jesus se 'versoekings'?

Antwoord


Ná Sy doop is Jesus deur die Gees na die woestyn toe gelei, "waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is"(Luk 4:1-2). Die drie versoekings in die woestyn was 'n poging om Jesus weg te lei van Sy onderdanigheid aan God, na Satan toe. In Matt 16:21-23 sien ons 'n soortgelyke versoeking, waar Satan, deur middel van Petrus, Jesus versoek om die kruis, waarvoor Hy bestem was, prys te gee. Luk 4:13 vertel aan ons dat na die versoekings in die woestyn, Satan Hom "'n tyd lank met rus gelaat" het. Dit wil voorkom asof Jesus weer deur Satan geteister was, alhoewel verdere insidente nie opgeteken is nie. Die belangrike punt is, dat ten spyte van verskeie versoekings, Jesus sonder sonde was.

Dat God 'n doel gehad het om Jesus toe te laat om in die woestyn versoek te word, is duidelik vanuit die stelling "deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei." Een doelwit is om ons te verseker dat ons 'n Hoëpriester het, wat in al ons swakhede en gebreke met ons kan simpatiseer (Heb 4:15), omdat Hy in alle opsigte soos ons versoek is. Ons Here se menslike natuur maak dit vir Hom moontlik om met ons swakhede te simpatiseer, aangesien Hy ook aan swakheid onderwerp was. "Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word" (Heb 2:18). Die Griekse word, hier vertaal as "versoek", beteken "om getoets te word." Dus, wanneer ons getoets word deur lewensomstandighede, kan ons verseker wees dat Jesus verstaan en simpatie het, omdat Hy dieselfde beproewings moes ondergaan.

Jesus se versoekongs het drie patrone gevolg, wat algemeen bekend is aan alle mense. Die eerste is die begeerte van die vlees (Matt 4:3-4), en dit sluit alle tipese fisiese begeertes in. Ons Here was honger en die duiwel het Hom verlei om klippe in brood te verander, maar Hy het geantwoord deur Deut 8:3 aan te haal. Die tweede versoeking het te doen met die trots van die lewe (besittings) (Matt 4:5-7), en hier het die duiwel 'n gedeelte uit die Skrif teen Hom gebruik (Ps 91:11-12), maar die Here het wéér met die Skrif gereageer (Deut 6:16), deur aan te haal dat dit verkeerd vir Hom sou wees om God op die proef te stel.

Die derde versoeking handel oor dit wat die oë begeer (Matt 4:8-10) en as daar enige vinnige roete was om die Messiaskap te verkry deur die lyding en kruisiging, waarvoor Hy gekom het, verby te gaan, sou dít die pad wees. Satan het reeds beheer oor die koninkryke van die wêreld gehad (Ef 2:2), maar hy was gereed om alles vir Christus te gee, in ruil vir Sy onderdanigheid. Alleenlik die gedagte daaraan, het veroorsaak dat die goddelike natuur van die Here gesidder het en Hy het skerp geantwoord, "Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien" (Matt 4:10; Deut 6:13).

Daar is baie versoekings waarin ons val, as gevolg van ons natuurlike swak vlees, maar ons het 'n God wat nie sal toelaat dat ons bokant ons kragte versoek word nie; Hy sal 'n pad oopmaak vir ons (1 Kor 10:13). Dus kan ons oorwin en die Here dankbaar wees vir vrymaking van versoeking. Jesus se ondervinding in die woestyn help ons om te sien hoedat hierdie algemene versoekings ons daarvan weerhou om God effektief te dien.

Ons leer ook van Jesus se reaksie op die versoekings hoedat ons presies moet antwoord – vanuit die Skrif. Die bosemagte kom na ons toe met 'n menigte versoekings, maar almal het dieselfde drie dinge in gemeen: wellus van die oë, wellus van die vlees en die trots van die lewe (besittings) (1 Joh 2:16). Ons kan slegs hierdie versoekings herken en beveg deur ons harte en ons verstand met die waarheid te versadig. Die wapenrusting van 'n soldaat in die geestelike stryd sluit net een offensiewe wapen in, die swaard van die Gees, dit is die Woord van God (Ef 6:17). Deur die Bybel te ken, sal die swaard outomaties in ons hande geplaas word en sal ons bevoeg wees om ons versoekings te oorwin.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat was die betekenis en doel van Jesus se 'versoekings'?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries