settings icon
share icon
Vraag

Watter verhore het Jesus voor Sy kruisiging in die gesig gestaar?

Antwoord


Die nag toe Jesus gearresteer was, is Hy voor Annas, Kajafas en 'n raad van godsdienstige leiers, die Sanhedrin, gebring (Joh 18:19-24; Matt 26:57). Daarna is Hy na Pilatus, die Romeinse goewerneur, geneem (Joh 18:23), na Herodus gestuur (Luk 23:7) en het Hy na Pilatus teruggekeer (Luk 23:11-12), wat Hom uiteindelik ter dood veroordeel het.

Daar was ses afdelings ten opsigte van Jesus se verhoor: drie keer in 'n godsdienstige hof en drie keer voor 'n Romeinse hof. Jesus is verhoor voor Annas, die voormalige hoëpriester; Kajafas die huidige hoëpriester; en die Sanhedrin. Hy is in hierdie "kerklike" verhore met godslasterlikheid skuldig bevind, deurdat Hy gesê het dat Hy die Messias, die Seun van God is.

Die verhore voor Joodse owerhede, die kerklike verhore, het gewys hoe erg die Joodse leiers Hom gehaat het, omdat hulle baie van hul eie wette sonder omgee geminag het. Daar was verskeie onregmatighede betrokke in hierdie verhore, vanuit die perspektief van die Joodse wet: 1) Geen verhoor mag gedurende feestyd gehou word nie. 2) Elke lid van die hof moes individueel stem om skuld te bewys of vry te spreek, maar Jesus is skuldig bevind deur toejuiging. 3) Indien die doodsvonnis gegee was, moes 'n nag verbygaan, voordat die straf volbring was; tog, het net 'n paar ure verloop voordat Jesus gekruisig is. 4) Die Jode het geen outoriteit gehad om iemand tereg te stel nie. 5) Geen verhoor mag gedurende die nag plaasvind nie, maar hierdie verhoor het voor dagbreek plaasgevind. 6) Die beskuldigde moes regsadvies of verteenwoordiging kry, maar Jesus het niks gehad nie. 7) Die beskuldigde mag nie self-inkriminerende vrae gevra word nie, maar Jesus is gevra of Hy die Christus was.

Die verhore voor die Romeinse owerhede is begin met Pilatus (Joh 18:23), nadat Jesus geslaan is. Die aanklagte teen Hom was baie verskillend van dié in Sy kerklike verhore. Hy is aangekla dat Hy mense aangehits het tot oproer, mense verbied het om hul belasting te betaal en dat Hy beweer het dat Hy die Koning is. Pilatus het geen rede gevind om Jesus dood te maak nie en Hom na Herodus gestuur (Luk 23:7). Herodus het Jesus bespot, maar hy het politieke aanspreeklikheid probeer vermy en Jesus na Pilatus teruggestuur (Luk 23:11-12). Dit was die laaste verhoor toe Pilatus probeer het om die vyandigheid van die Jode te bevredig, deur Jesus te laat gésel. Die Romeinse géseling was 'n wrede slanery met die doel om die vel van die rug af te slaan. In 'n finale poging om Jesus vry te laat, het Pilatus die gevangene, Barabbas, aangebied, om gekruisig te word en Jesus vry te laat, maar tevergeefs. Die skares het uitgeroep dat Barabbas vrygelaat en dat Jesus gekruisig moes word. Pilatus het hul eis toegestaan en vir Jesus oorgegee aan hul wil (Luk 23:25). Die verhore van Jesus verteenwoordig die uiterste skending van die gereg. Jesus, die onskuldigste mens in die wêreld se geskiedenis, was skuldig bevind aan misdade en ter dood veroordeel deur gekruisig te word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Watter verhore het Jesus voor Sy kruisiging in die gesig gestaar?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries