settings icon
share icon
Vraag

Waarom is Jesus se geslagsregister in Matteus en Lukas so verskillend?

Antwoord


Jesus se geslagsregister word op twee plekke in die Skrif beskryf: Matt 1 en Luk 3:23-38. Matteus neem die familie van Jesus terug tot by Abraham. Lukas neem dit terug tot by Adam. Daar is egter goeie rede om te glo dat Matteus en Lukas total verskillende geslagsregisters nagaan. Matteus verwys byvoorbeeld na Josef se pa as Jakob (Matt 1:16), terwyl Lukas van Josef se vader as Eli praat (Luk 3:23). Matteus se spoor loop deur Salomo, Dawid se seun ( Matt 1:6), terwyl Lukas die lyn deur Dawid se seun, Natan, trek (Luk 3:31). Tussen Dawid en Jesus is daar net die name Sealtiël en Serubbabel, wat ooreenstem (Matt 1:12 en Luk 3:27).

Hierdie verskille dien in ‘n sekere mate as bewys van foute wat in die Bybel voorkom. Tog was die Jode uiters akkurate rekordhouers, veral op die gebied van geslagsregisters. Dit is ondenkbaar dat Matteus en Lukas twee totaal teenstrydige geslagsregisters van dieselfde geslagslyn kon saamstel. Weereens, vanaf Dawid deur Jesus, is die geslagsregisters heeltemal verskillend. Selfs die verwysing na Sealtiël en Serubbabel verwys na versklillende individue met dieselfde name. Matteus gee Sealtiël se vader aan as Jojagim, terwyl Lukas sy vader aangee as Neri. Dit sou normal gewees het vir ‘n man met die naam van Sealtiël, om sy seun Serubbabel te noem, gesien in die lig van die belangrikheid van mense met daardie name (sien die Boeke Esra en Nehemia).

‘n Ander verduideliking is die feit dat Matteus op die spoor van die primêre lyn werk, terwyl Lukas die voorkoms van “levirate marriage” in ag neem. Wanneer ‘n man sonder enige seuns gesterf het, was dit tradisie dat die man se broer met sy vrou getrou het en ‘n seun sou hê, wat die man se naam kon voortdra. Hierdie siening is onwaarskynlik, aangesien elke generasie vanaf Dawid tot by Jesus tog nie ‘n “ gedwonge huwelik” sou hê, om in te staan vir die verskille in elke generasie nie. Hierdie siening is hoogs onwaarskynlik.

Met hierdie konsepte in gedagte, aanvaar die meeste konserwatiewe Bybelstudente dat Lukas Maria se geslagsregister en Matteus Josef s’n beskryf. Matteus volg die lyn van Josef (Jesus se wettige vader), deur Dawid se seun, Salomo, terwyl Lukas die lyn van Maria (Jesus se bloedverwante moeder), deur Dawid se seun, Natan, volg. Daar was geen Griekse woord vir “skoonseun” nie en Josef sou beskou word as seun van Eli, deurdat hy met Eli se dogter, Maria getrou het. Beide geslagslyne maak van Jesus ‘n afstammeling van Dawid en dus geskik om die Messias te wees. Om ‘n geslagslyn aan die moeder se kant na te spoor, is ongewoon, maar so was die maagdelike geboorte ook. Lukas se verduideliking is dat Jesus die seun van Josef was, “soos hulle gemeen het” (Luk 3:23).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom is Jesus se geslagsregister in Matteus en Lukas so verskillend?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries