settings icon
share icon
Vraag

Hoe het Jesus gelyk?

Antwoord


Die Bybel gee nooit enige fisiese beskrywing van Christus nie. Die naaste wat ons aan 'n beskrywing kom, kry ons in Jes 53:2b, "Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na Hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van Hom sou hou nie." Hierdie woorde vertel aan ons dat Jesus se voorkoms maar nes enige ander mens s'n was – Hy het gewoonweg gelyk. Jesaja het hier geprofeteer dat die koms van die lydende Dienskneg in gewone omstandighede sou gebeur en het niks van die bekende prag en praal van koninklikheid getoon nie. Dit maak Sy ware identiteit slegs sigbaar aan die onderskeidende oog van geloof.

Jesaja beskryf verder die voorkoms van Christus soos Hy sou lyk toe Hy gemartel is voor Sy kruisiging. "Baie mense was ontsteld oor Hom, Hy was so misvormd dat Hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie" (Jes 52:14). Hierdie woorde beskryf die onmenslike wreedheid wat Hy moes deurmaak, tot op die punt dat Hy nie langer soos 'n menslike wese gelyk het nie (Matt 26:67, 27:30; Joh 19:3). Sy voorkoms was so aaklig dat mense in afgryse na Hom gestaar het.

Die meeste van die afbeeldinge wat ons vandag van Jesus het, is klaarblyklik nie akkuraat nie. Jesus was 'n Jood, dus het Hy heel moontlik 'n donkerkleurige vel , donker oë en donker hare gehad. Dit is ver verwyderd van die blonde hare, blou oë en ligte vel, wat Jesus in baie moderne prente het. Een ding is duidelik: Indien dit belangrik was dat ons moes weet hoe Hy werklik gelyk het, sou Matteus, Petrus en Johannes, wat drie jaar saam met Hom tyd spandeer het, sekerlik in staat wees om vir ons 'n akkurate beskrywing te kon gee. So ook Sy eie broers, Jakobus en Judas. Tog gee hierdie Nuwe Testamentiese skrywers geen besonderhede van Sy fisiese karaktertrekke nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe het Jesus gelyk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries