settings icon
share icon
Vraag

Was Jesus ooit kwaad?

Antwoord


Toe Jesus die tempel gereinig het van die geldwisselaars en diereverkopers, het Hy groot emosie en woede getoon (Matt 21:12-13; Mark 11:15-18; Joh 2:13-22). Jesus se emosie word beskryf as verterende liefde vir God se huis (Joh 2:17). Sy woede was suiwer en heeltemal geregverdig, aangesien dit vir Hom gegaan het oor die heiligheid en aanbidding van God. Dit was van belang en daarom het Jesus vinnig en beslissend opgetree. Op 'n ander keer het Jesus ook woede getoon in die sinagoge van Kapernaum. Toe die Fariseërs geweier het om Jesus se vrae te beantwoord, het Hy "hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid" (Markus 3:5).

Baie keer dink ons aan woede as 'n selfsugtige, vernietigende emosie wat ons uit ons lewens moet uitroei. Die feit dat Jesus soms kwaad geword het, dui egter aan dat woede op sigself as 'n emosie, amoreel is. Dit word iewers in die Nuwe Testament bevestig. Ef 4:26 gee die opdrag "As julle kwaad word, moenie sondig nie en moenie 'n dag kwaad afsluit nie". Die opdrag is om nie woede te verberg nie (of te onderdruk of te ignoreer nie), maar om daarmee op 'n behoorlike wyse te handel, en wel tydig. Die volgende feite aangaande Jesus se vertoon tydens woedebuie moet in ag geneem word:

Sy woede het behoorlike motivering gehad. Met ander woorde, Hy was vir die regte redes kwaad. Jesus se woede het nie as gevolg van kleinlike argument of persoonlike opmerkings teenoor Hom, ontstaan nie. Daar was geen selfsugtigheid betrokke nie.

Sy woede het die regte fokus gehad. Hy was nie vir God kwaad of vir die swakhede van ander nie. Hy het sondige gedrag aangespreek en ware ongeregtigheid.

Sy woede het die behoorlike bedoeling gehad. Markus 3:5 sê dat Hy kwaad was oor die Fariseërs se gebrek aan geloof. Jesus se woede het ontstaan as gevolg van Sy liefde vir die Fariseërs en Sy besorgdheid oor hul geestelike toestand. Dit het niks te doen met haat of kwaadwilligheid nie.

Sy woede het die behoorlike beheersdheid getoon. Jesus was nooit buite beheer nie, selfs nie as Hy bestraf het nie. Die tempelhoofde het nie daarvan gehou dat Hy die tempel gereinig het nie (Luk 19:47), maar Hy het niks sondigs gedoen nie. Hy het Sy emosies bedwing; Sy emosies het Hom nie beheer nie.

Sy woede het die behoorlike tydsduur gehad. Hy het nie toegelaat dat dit oorgegaan het in bitterheid nie; Hy het nie wrok gedra nie. Met elke situasie het Hy behoorlik gehandel en dit ook binne goeie tyd afgehandel.

Sy woede het die regte resultaat gehad. Jesus se woede het die onvermydelike gevolg van goddelike aksie. Jesus se woede, soos met al Sy emosies, was in lyn met God se Woord; dus, Jesus se reaksie was volgens God se wil.

Wanneer ons kwaad word, tree ons té dikwels onbeheersd op of ons fokus is onvoldoende. Ons faal in een of meer van bogenoemde punte. Dit is die wraak van die mens, waarvan daar gesê word, "elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie" (Jak 1:19-20). Jesus het nie die mens se woede vertoon nie, maar eerder die volmaakte en regverdige verontwaardiging van God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Was Jesus ooit kwaad?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries