settings icon
share icon
Vraag

Wat het tydens Jesus se kinderjare plaasgevind?

Antwoord


Die Bybel vertel ons nie iets aangaande Jesus se jeug nie, behalwe Lukas 2:41-52. Vanuit hierdie gebeure weet ons sekere dinge rondom Jesus se kinderjare. Eerstens was Hy die seun van ouers wat toegewyd was in hulle godsdienstige vieringe. Soos deur hul geloof vereis word, het Josef en Maria die jaarlikse pelgrimsreis na Jerusalem vir die viering van die Paasfees onderneem. Daarby het hulle hul twaalfjarige Seun gebring om Sy eerste fees te vier, in voorbereiding vir Sy Bar Mitzvah (coming of age ceremony) op die ouderdom van 13, waar Joodse seuns hul oorgang na volwassenheid vier. Hier sien ons 'n tipiese seun in 'n tipiese familie uit daardie dae.

Ons sien ook in hierdie storie dat Jesus se draling in die tempel nie uit nuuskierigheid of ongehoorsaamheid was nie, maar 'n gevolg van Sy kennis: dat Hy met Sy Vader se dinge moet besig wees. Dat Hy die tempelhoofde met Sy wysheid en kennis verbaas het, is toe te skryf aan Sy buitengewone vermoëns. Sy manier van luister na Sy meerderes en vrae vra, het getoon dat Hy uiters respekvol was en die rol vervul van 'n student wat ingepas het in Sy ouderdom as kind.

Vanaf hierdie insident tot by Sy doop, op die ouderdom van 30, is al wat ons weet dat Hy Jerusalem verlaat het en na Nasaret teruggekeer het saam met Sy ouers en dat Hy aan hulle onderdanig was (Luk 2:51). Hy het Sy plig teenoor Sy aardse ouers vervul in ondergeskiktheid aan die vyfde gebod, 'n belangrike deel van die volmaakte gehoorsaamheid aan die Wet van Moses, wat Hy namens ons vertolk het. Al wat ons verder weet, is dat Jesus "verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem" het (Luk 2:52).

Waarskynlik is dit al wat God oortuig is dat ons hoef te weet. Daar is sommige ekstra-bybelse geskrifte wat stories rondom Jesus bevat (die Evangelie van Thomas, bv.). Ons weet egter nie of enige daarvan waar en betroubaar is nie. God het gekies om ons nie baie van Jesus se kinderjare te vertel nie – dus moet ons Hom net vertrou dat Hy ons ingelig het oor alles wat ons nodig het om te weet.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat het tydens Jesus se kinderjare plaasgevind?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries