settings icon
share icon
Vraag

Was Jesus 'n Jood?

Antwoord


'n Mens kan maar net op die internet rondsoek om vas te stel dat daar groot verskille en twispunte bestaan oor hierdie vraag, rakende Jesus van Nasaret.Voordat ons hierdie vraag behoorlik kan antwoord, moet ons eers 'n ander vraag vra: wie of wat is 'n Jood? Selfs hierdie vraag het meningsverskille en die antwoord hang af van wie die vraag vra. Daar is egter een definisie waaroor die hoofgroepe in Judaïsme – Ortodoks, Konserwatief en Gereformeerd – heel moontlik sou saamstem en dit is, "'n Jood is enige persoon wie se moeder 'n Jood was of enige persoon wat deur die formele proses van bekering tot Judaïsme gegaan het."

Alhoewel die Hebreeuse Bybel nêrens spesifiek noem dat matrilineale afkoms gebruik moes word nie, die moderne rabbynse Judaïsme glo dat daar verskeie dele in die Torah voorkom, waar dit so verstaan of geïmpliseer word: Deut 7:1-5; Lev 24:10 en Esra 10:2-3. Dan is daar verskeie voorbeelde in die Skrif van Heidene wat hul tot Judaïsme bekeer het (bv. Rut die Moabitiese vrou; sien Rut 1:16 waar Rut haar begeerte verwoord om tot bekering te kom) en is beskou as volledig Joods, dus 'n etniese Jood.

Vervolgens, laat ons na twee vrae kyk: Was Jesus 'n etniese Jood? Was Jesus 'n godsdienstige Jood?

Was Jesus 'n etniese Jood of was Sy moeder 'n Jood? Jesus het duidelik met die Jode van Sy tyd geïdentifiseer, Sy fisiese mense en stam en hul godsdiens ( alhoewel die foute gekorrigeer is). God het Hom doelbewus na Juda gestuur: "Hy het na Sy eiendom toe gekom (Juda) en tog het Sy eie mense (Juda) Hom nie aangeneem nie.Maar aan almal (Jode) wat Hom aangeneem het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word (Joh 1:11-12) en Hy het duidelik gesê, "Julle (Heidene) aanbid sonder om te weet wat julle aanbid; ons (Jode) weet wat ons (Jode) aanbid, want die verlossing kom uit die Jode"(Joh 4:22).

Die heel eerste vers van die Nuwe Testament bevestig uitdruklik die Joodse etnisiteit van Jesus. "Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham" (Matt 1:1). Dit is duidelik vanuit gedeeltes soos Heb 7:14, "Dit is algemeen bekend dat ons Here van Juda afstam," dat Jesus van die stam Juda afstam, waar ons die naam "Jood" vandaan kry. En wat van Maria, die moeder van Jesus? In die geslagsregister in Lukas 3, sien ons duidelik dat Maria 'n direkte afstammeling van Koning Dawid was, wat Jesus die wetlike reg gegee het om die Joodse troon te bestyg, so wel as te vestig. Dit is sonder enige twyfel bewys dat Jesus 'n etniese Jood was.

Was Jesus 'n opvallende godsdienstige Jood? Beide Sy ouers het "alles nagekom …wat die wet van die Here voorskryf" (Luk 2:39). Sy tannie en oom, Sagarias en Elisabet, was ook Jode wat die Torah gehoorsaam het (Luk 1:6). Dus kan ons sien dat die hele familie waarskynlik hul Joodse geloof baie ernstig opgeneem het.

In die Bergpredikasie (Matt 5-7) het Jesus aanhoudend die outoriteit van die Torah en die Profete bevestig (Matt 5:17) selfs in die Koninkryk van die Hemel (Matt 5:19-20). Hy het gereeld na die sinagoge gegaan (Luk 4:16) en Sy onderrig was deur die ander Jode van Sy tyd gerespekteer (Luk 4:15). Hy het in die Joodse Tempel in Jerusalem onderrig (Luk 21:37) en indien Hy nie 'n Jood was nie, sou Hy nie toegang tot daardie deel van die Tempel gekry het nie (Hand 21:28-30).

Jesus het ook die uiterlke tekens vertoon van 'n opvallende Jood. Hy het "tzitzit" (tossels) op Sy klere gedra, (Luk 8:44; Matt 14:36) om te dien as 'n herinnering aan die gebooie (Numeri 15:37-39). Hy het Paasfees gevier (Joh 2:13) en het na Jerusalem gegaan (Deut 16:16) op hierdie baie belangrike Joodse pelgrimsreis en feesdag. Sukkot of die fees van die tabernakels (Joh 7:2,10) het Hy ook onderhou en na Jerusalem gegaan (Joh 7:14) soos die Torah dit vereis het. So ook Hanukkah, die fees van ligte (Joh 10:22) en blykbaar ook Rosh Hashanah, die fees van die trompette (Joh 5:1).Hy het beide van die geleenthede na Jerusalem gegaan, alhoewel dit nie in die Torah voorgeskryf was nie. Jesus het Homself duidelik geïdentifiseer as 'n Jood (Joh 4:22) en as Koning van die Jode (Markus 15:2). Vanaf Sy geboorte tot Sy laaste Paasfees (Luk 22:14-15) het Jesus geleef soos 'n opvallende Jood.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Was Jesus 'n Jood?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries