settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus ons Hoëpriester is?

Antwoord


Hoëpriester is een van die baie titels wat aan Jesus toegedig is: Messias, Verlosser, Seun van God, Seun van die Mens, Vriend van Sondaars, ens. Elkeen fokus op 'n spesifieke aspek van wie Hy is en wat dit vir ons beteken. In die boek van Hebreërs word Jesus 'n Hoëriester genoem (Heb 2:17; 4:14). Die woord "priester" dra 'n hele klomp betekenisse. Eerstens beteken dit iemand wat bemiddelaar is in godsdienstige byeenkomste. Tweedens beteken dit iemand wat heilig of afgesonder is om daardie dienste uit te voer.

In Gen 14 word die woord vir die eerste keer in die Bybel gebruik. Abram, die vriend van God, het in die geveg betrokke geraak om sy neef, Lot, te red, wat gevange geneem is deur die leërmagte van Elam. Met sy terugkeer was Abram by Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste. Hierdie man wie se naam "Koning van Regverdigheid" beteken, het Abram geseën deur God die Allerhoogste, wat die oorwinning aan Abram gegee het. In dankbaarheid vir hierdie seën, het Abram 'n tiende (10%) van al die oorlogsbuit aan Melgisedek gegee. Deur hierdie optrede het Abram Melgisedek se hoë posisie as Priester van God erken.

Jare later is Abraham se agterkleinkind, Levi, uitgesonder by God om die vader van die priesterlike stam te wees. Toe die Wet op die berg Sinai gegee is, is die Leviete as die dienaars van die Tabernakel aangewys, saam met Aäron se familie , wat die priesters geword het. Die priesters was verantwoordelik om intersessie te doen voor God vir die mense, deur die offer van die baie offerandes, wat die Wet vereis het. Onder die priesters is een as Hoëpriester aangewys en hy moes eenkeer per jaar op die Versoeningsdag in die Allerheiligste gaan en die offerbloed op die Verbondsark plaas (Heb 9:7). Deur hierdie daaglikse en jaarlikse offerandes is die mense se sondes tydelik vergewe totdat die Messias gekom het, om hul sondes weg te neem.

Wanneer Jesus ons Hoëpriester genoem word, is dit 'n verwysing na beide van hierdie vorige priesterbedieninge. Soos Melgisedek is Hy georden as priester, apart van die Wet wat op Sinai gegee is (Heb 5:6). Soos die Levitiese priesters, het Jesus 'n offerande gebring om die Wet van God te bevredig, toe Hy Homself vir ons sondes geoffer het (Heb 7:26-27). Anders as die Levitiese priesters, wat aanhoudend offers moes bring, het Jesus net eenmaal Homself as offerande moes bring, om sodoende ewige verlossing vir almal wat na God toe kom, deur Hom te bring (Heb9:12).

'n Ander belangrike punt aangaande Jesus se Priesterskap, is dat elke priester deur die mense aangewys is. Jesus is God van ewigheid af en Hy het mens geword om die dood te ly en te dien as ons Hoëpriester (Heb 2:9). Omdat Hy mens was, was Hy onderwerp aan alle swakhede en versoekinge wat ons beleef, sodat Hy persoonlik kon saam voel in ons swaarkry (Heb 4:15). Jesus is groter as enige priester, dus is Hy ons "groot Hoëpriester in Heb 4:14 en dit gee ons die vrymoedigheid om "na die genadetroon" te gaan, "sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word" (Heb 4:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus ons Hoëpriester is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries