settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het Jesus in gelykenisse gepredik?

Antwoord


Daar is gesê dat 'n gelykenis 'n aardse storie met 'n hemelse betekenis is. Die Here Jesus het dikwels gelykenisse gebruik as 'n manier om diepsinnige, goddelike waarhede te illustreer. Sulke stories word maklik onthou, die karakters staan uit en die simboliek is ryk in betekenis. Gelykenisse was 'n algemene vorm van onderrig in Judaïsme. Voor 'n sekere stadium in Sy bediening, het Jesus baie grafiese vergelykings gebruik om gewone dinge te verduidelik, wat aan almal bekend sou wees (sout, brood, skape, ens.) en hul betekenis was heel duidelik in die konteks van Sy lering. Gelykenisse vereis meer verduideliking en op een stadium in Sy bediening, het Jesus uitsluitlik gelykenisse gebruik.

Die vraag is waarom Jesus die meeste mense laat wonder het oor die betekenis van Sy gelykenisse? Die eerste voorbeeld hiervan is in Sy vertelling van die saad en die grond. Voordat Hy hierdie gelykenis verduidelik het, Het Hy Sy dissipels weggeneem van die skare mense af. Hulle het aan Hom gesê, "Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?" "Hy het hulle geantwoord: 'Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Wie het, vir hom sal nog meer gegee word en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk, maar nie sien nie en hoor, maar nie luister en verstaan nie. In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê:

'Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak, sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.' Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien en julle ore dat hulle hoor. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie" (Matt 13:10-17).

Vanaf hierdie tydstip in Jesus se bediening, toe Hy in gelykenisse gepraat het, het Hy dit net aan Sy dissipels verduidelik. Diegene egter wat Sy boodskap voortdurend verwerp het, het in hul geestelike blindheid voortgeleef. Hy het 'n duidelike onderskeid getref tussen diegene wat ore het om te hoor en hulle wat volhard om in ongeloof te leef – "altyd iets wil leer maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie" (2 Tim 3:7). Aan die dissipels is die gawe van geestelike onderskeiding gegee, waar dinge van die Gees aan hulle duidelik gemaak is. Aangesien hulle die waarheid van Jesus aangeneem het, is aan hulle meer waarheid gegee. Dieselfde waarheid is vandag waar van gelowiges wat die gawe van die Heilige Gees otvang het, wat ons lei in die hele waarheid (Joh 16:13). Hy het ons oë oopgemaak om die lig in die waarheid te sien en ons ore die soete woorde van die ewige lewe.

Ons Here Jesus het verstaan dat die waarheid nie soete musiek vir alle ore was nie. Om dit eenvoudig te stel, daar is diegene wat geen belangstelling of agting vir die diepere dinge van God het nie. Hoekom het Hy dan in gelykenisse gespreek? Vir hulle wat 'n opregte honger vir God gehad het – die gelykenis is beide 'n effektiewe manier van onthou vir die oordra van goddelike waarhede. Ons Here se gelykenisse bevat groot volumes waarhede in baie min woorde en Sy gelykenisse, ryk in verbeelding, word nie maklik vergeet nie. Dus is 'n gelykenis 'n seën vir hulle met gewillige ore. Vir hulle egter met trae harte en ore wat stadig is om te hoor, is 'n gelykenis 'n verklaring van straf en veroordeling.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het Jesus in gelykenisse gepredik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries