settings icon
share icon
Vraag

Wat is die oortuigings van Jesus Alleen/Eenheid Pinksterteologie?

Antwoord


Die "Jesus Alleen"- beweging, ook bekend as die "Oneness Pentecostalism" of eenheidsteologie, leer dat daar slegs een God is, maar ontken die Drie-eenheid van God. Met ander woorde, die eenheidsteologie erken nie die onderskeie persone van die Godheid nie: Vader, Seun en Heilige Gees. Dit het verskeie vorme – sommige sien Jesus Christus as die een God, wat Homself somtyds manifesteer as die Vader of die Heilige Gees. Die kerndoktrine is vir hulle dat Jesus die Vader is en Jesus die Gees is. Daar is een God wat Homself openbaar op verskillende "maniere."

Die lering van hierdie beweging is al vir eeue in die rondte, in een of ander vorm van onderskeie persone. Modalisme leer dat God opereer in verskillende vorms of maniere op verskillende tye – soms as die Vader, soms as die Seun en soms as die Heilige Gees. Gedeeltes egter soos Matt 3:16-17, waar twee of al drie Persone van die Godheid teenwoordig is, weerspreek die modalistiese siening. Modalisme was verdoem as kettery, so vroeg as die tweede eeu n C. Die vroeë kerk het getwis oor die siening dat God streng as 'n enkelvoudige persoon beskou word, wat optree in verskillende vorme op verskillende tye. Hulle het vanuit die Skrif geargumenteer dat die Drie-eenheid van God voor die hand liggend is in die sin dat een Persoon van die Godheid dikwels gelyktydig te sien is en Hulle dikwels in wisselwerking met mekaar optree (Gen 1:26; 3:22; 11:7; Ps 2:7; 104:30; 110:1; Matt 28:19; Joh 14:16). Eenheid Pinksterteologie/Jesus Alleen -lering is onbybels.

Die konsep van die Drie-eenheid van God, aan die ander kant, is regdeur die Skrif teenwoordig. Dit is nie 'n konsep wat maklik deur die menslike verstand verstaan word nie. Aangesien die mens daarvan hou dat alles in sy teologie moet sin maak, probeer sulke bewegings soos die Jesus Alleen-beweging – om nie eens te praat van die Jehova Getuies nie – gereeld na vore kom om die natuur van God te verduidelik. Natuurlik kan dit dood eenvoudig nie gedoen word sonder om die Bybelteks te verkrag nie. Christene het daartoe gekom om te aanvaar dat God se natuur nie ondergeskik is aan die beperkinge wat ons op Hom plaas nie. Ons glo Hom eenvoudig as Hy sê, "My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede is nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is My optrede verhewe bo julle optrede en My gedagtes bo julle gedagtes" (Jes 55:8-9). Indien ons nie Sy gedagtes en Sy weë kan verstaan nie, aanvaar ons ook dat ons nie Sy natuur ten volle kan verstaan nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die oortuigings van Jesus Alleen/Eenheid Pinksterteologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries