settings icon
share icon
Vraag

Wat is die betekenis van Joh 1:1, 14, waar verklaar word dat Jesus die Woord van God is?

Antwoord


Die antwoord op hierdie vraag word gevind, deur eerstens te verstaan wat die rede is dat Johannes sy Evangelie geskryf het. Ons vind sy bedoeling duidelik in Joh 20:30-31. "Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor Sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan hê." Johannes se doel was om aan die lesers die Evangelie van Jesus Christus bekend te stel en te bevestig wie Jesus is (God in die vlees) en ook wat Hy gedoen het. Johannes se enigste mikpunt was om mense so te lei, dat hulle die reddingswerk van Christus in geloof sal omarm. Wanneer ons dit verstaan, is ons beter gerat om te verstaan waarom Johannes ons aan Jesus bekendstel as "Die Woord" in Joh 1:1.

Deur sy Evangelie te begin deur te sê, "In die begin was die Woord daar en die Woord was by God en die Woord was self God," stel Johannes Jesus bekend deur 'n term te gebruik, wat beide sy Joodse en Heidense lesers mee bekend sou wees. Die Grieks vir "Woord" in hierdie gedeelte is "logos" en dit was baie algemeen, in beide die Griekse filosofie en Joodse denke van daardie tyd. Byvoorbeeld, in die Ou Testament is die "Woord" van God dikwels beliggaam as 'n instrument vir die uitvoering van God se wil (Ps 33:6, 107:20, 119:89, 147:15-18). Dus het Johannes, deur Jesus as die "Woord" van God aan sy Joodse leiers bekend te stel, hulle in 'n sekere sin terug verwys na die Ou Testament, waar die "logos" of "Woord" van God met die personifikasie van God se openbaring geassosieer word. In die Griekse filosofie is die term "logos" gebruik om die oorgangswerking te beskryf, waardeur God materiële dinge geskep en met hulle gekommunikeer het. In die Griekse wêreldsiening, is die "logos" beskou as 'n brug tussen die transendente God en die materiële heelal. Daarom sou die gebruik van die term "logos" vir sy Griekse lesers, maklik die idee skep van 'n beginsel van bemiddeling tussen God en die wêreld.

Dus, wat Johannes hoofsaaklik doen, deur Jesus se bekendstelling as die "logos", is om 'n woord en konsep te gebruik, waarmee beide Jode en Heidene in daardie tyd mee bekend was. Hy gebruik dit as 'n beginpunt om Jesus Christus aan hulle voor te stel, maar Johannes gaan verder as die familiêre konsep van "logos" wat sy Joodse en Griekse lesers sou gehad het. Hy stel Jesus Christus nie net voor as 'n beginsel van blote versoening, soos die Grieke aangeneem het nie, maar as 'n persoonlike wese, volledig goddelik, nogtans volledig mens. Ook was Christus nie net bloot 'n personifikasie van God se openbaring soos die Jode gedink het nie, maar was werklik God se volmaakte openbaring van Homself in die vlees. In so 'n mate dat Johannes Jesus se eie woorde aan Filippus aangehaal het: "En Jesus sê vir hom: 'Ek is al so lank by julle en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: "Wys vir ons die Vader?"' (Joh 14:9). Deur die term "logos" of "Woord" in Joh 1:1 te gebruik, beklemtoon en pas Johannes 'n konsep toe, wat aan sy gehoor bekend was en gebruik dit om sy lesers bekend te stel aan die ware "logos" van God in Jesus Christus, die Lewende Woord van God, volledig God en tog volledig mens. Hy het gekom om God aan die mens te openbaar en almal wat in Hom glo, te verlos van hul sonde.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die betekenis van Joh 1:1, 14, waar verklaar word dat Jesus die Woord van God is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries