settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus die Seun van Dawid Is?

Antwoord


Sewentien verse in die Nuwe Testament beskryf Jesus as die "Seun van Dawid." Die vraag kom egter op: "Hoe kon Jesus die Seun van Dawid gewees het as Dawid ongeveer 1000 jare voor Jesus gelewe het?" Die antwoord is dat Christus (die Messias) die vervulling van die profesie van die saad van Dawid was (2 Sam 7:12-16). Jesus was die beloofde Messias, wat beteken het dat Hy die saad van Dawid was. Matt 1 gee die geslagsregister van Jesus as bewys: In Sy menslikheid was Hy 'n direkte afstammeling van Dawid, deurdat Josef Jesus se wettige vader was. Die geslagsregister in Lukas 3 gee Jesus se geslagslyn deur Sy moeder, Maria. Jesus is 'n afstammeling van Dawid, aangeneem deur Josef en deur bloed verbind aan Maria. In hoofsaak egter, toe Christus as die Seun van Dawid beken was, het dit beteken dat daar verwys is na Sy Messiaanse titel, wat deur die Ou Testament aangaande Hom geprofeteer is.

Jesus is verskeie kere deur mense aangespreek as "Here Seun van Dawid." Dit was mense wat deur middel van geloof genade of genesing gesoek het. Die vrou wie se dogter deur 'n duiwel geteister was (Matt 15:22), die twee blinde mans langs die pad (Matt 20:30) en blinde Bartimeus (Markus 10:47) het almal uitgeroep na die Seun van Dawid vir hulp. Die titels van verering wat hulle Hom genoem het, verklaar hul geloof in Hom. Deur Hom "Here" te noem, spreek hulle hul agting vir Sy godheid, heerskappy en mag uit en deur Hom "Seun van Dawid" te noem, bevestig hulle dat Hy die Messias is.

Die Fariseërs het ook verstaan wat bedoel is met die mense se uitroep, "Jesus Seun van Dawid." Anders egter as diegene wat in geloof uitgeroep het, was hulle so verblind deur hul eie trots en tekort aan begrip van die Skrif, dat hulle nie kon sien wat die blinde bedelaars kon sien nie – dat daar 'n Messias was, vir Wie hulle veronderstel was om hul hele lewe voor te wag. Hulle het Jesus gehaat, omdat Hy nie aan hulle die eer wou gee, wat hulle gedink het dat hulle verdien het nie. Wanneer hulle toe die mense hoor roep na Jesus as die Verlosser, het hulle begin verontwaardig raak (Matt 21:15) en beplan om Hom te vernietig (Luk 19:47).

Jesus het verder die Skrifgeleerdes en Fariseërs verleë gemaak, deur aan hulle te vra om die betekenis van hierdie juiste titel te verduidelik. Hoe kon dit wees dat die Messias die Seun van Dawid is, as Dawid na Jesus verwys as "my Here" (Mark 12:35-37)? Die wetsgeleerdes kon nie die vraag beantwoord nie. Jesus het toe die Joodse leiers blootgestel as onbevoegde leermeesters en hul swak begrip van wat die Ou Testament hulle geleer het van die ware natuur van die Messias, het hulle verder van Hom vervreem.

Jesus Christus, die enigste Seun van God en die enigste Verlosser van die wêreld (Hand 4:12), is ook die Seun van Dawid, beide in 'n fisiese en geestelike sin.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus die Seun van Dawid Is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries