settings icon
share icon
Vraag

Is Jesus en Satan broers?

Antwoord


Nee, Jesus en Satan is nie broers nie. Jesus is God en Satan is een van Sy skepsels. Jesus en Satan is nie broers nie en is so verskillend soos dag en nag van mekaar. Jesus is God wat mens geword het – ewige, alwetende en almagtige, terwyl Satan ‘n gevalle engel is, wat deur God geskep is, vir God se doeleindes. Die lering dat Jesus en Satan “geestelike broers” is, is een van die baie valse leringe van die Mormone (Latter Day Saints) en tot ‘n sekere mate ook die Jehova Getuies. Beide van hierdie groepe word as kulte geëtiketteer, omdat hulle ‘n noodsaaklike Christelike doktrine misken. Terwyl hulle Christelike terme soos Jesus, God en verlossing gebruik, het hulle ketterse sienings en leerstellings oor die mees basiese en essensiële Christelike doktrines. (Let asb op dat die meeste Mormone in hierdie tye drifting ontken dat hulle glo dat Jesus en Satan broers is. Tog was hierdie lering baie definitief ‘n oortuiging van die vroeë Mormone).

Die lering dat Jesus en Satan “geestelike broers” is, is gebore uit die Mormoonse misverstand en verdraaiing van die Skrif, sowel as sommige van die ekstra bybelse leerstellings wat hulle as gesaghebbend beskou. Om dit eenvoudig te stel, daar is geen wyse waarop jy die Bybel kan lees deur enige tipe betroubare verklarende beginsels te gebruik nie en weg te kom met die idee dat Jesus en Satan “geestelike broers” is nie. Die Skrif is baie duidelik dat Jesus volledig God is, nie ‘n soort “minderwaardige” god soos die Mormone en ander kulte glo nie. Die Skrif is ook baie duidelik dat God verhewe bokant Sy skepping is, wat eenvoudig beteken dat daar geen vergelyking tussen Christus die Skepper en Satan Sy skepsel is nie.

Mormone glo dat Jesus Christus as die eerste “spirit child” vir God, die Hemelse Vader gebore is, uit een van sy baie vroue. In plaas van om Jesus te erken as die enigste ware God, glo hulle dat Hy God “geword het,” net soos hulle ook eendag gode sal word. Volgens die Mormoonse doktrine, het Jesus as die eerste van die “spirit Children” van God, superioriteit oor Satan of Lucifer, wat die tweede “seun van God” en die “geestelike broer” van Jesus was. Dit is ironies dat hulle Kol 1:15 sal gebruik as een van hul “teksbewyse”, aangesien dit sê, “Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.” Tog ignoreer hulle vers 16, waar ons sien dat “God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, ook die engele om Sy troon, en al die geestelike magte. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.” Alle dinge – trone, heerskappye, vorstedomme en magte – ingesluit Satan en sy demone.

Om te glo dat Satan en Jesus “geestelike broers” is, moet jy die duidelike lering van die Skrif ontken. Die Skrif is baie duidelik dat dit Jesus Christus was wat alles geskep het en as die tweede persoon van die Drie-eenheid, is Christus volkome en enig God. Jesus verklaar Homself as God in baie gedeeltes van die Skrif. In Joh 10:30 het Jesus gesê, “Ek en die Vader is een.” In Joh 1:1-5 id dit duidelik dat Jesus nie ‘n geskape wese was nie en dat Hy Self alle dinge geskep het. “Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie” (Joh 1:3). Hoeveel duideliker kan dit wees? “Alle dinge” beteken wat dit sê en dit sluit Satan in wat as engel ook ‘n geskape wese was, net soos die ander engele en die demone. Die Skrif openbaar Satan as ‘n gevalle engel wat gerebelleer het teen God en Jesus, om God te wees. Die enigste verhouding wat bestaan tussen Satan en Jesus is dié van Skepper en skepping, van die regverdige Regter Jesus Christus en die sondige geskape wese, Satan.

Soos die Mormone, verkondig die Jehova Getuies ook dat Jesus en Satan “geestelike broers” is. Terwyl sommige Mormone en Jehova Getuies soms mag probeer om hierdie lering te omseil, omdat dit so ‘n paradoks is teenoor wat die Bybel eintlik sê, is dit nietemin wat hierdie organisasies glo en is dit deel van hul amptelike doktrine.

Mormone glo nie net dat Jesus en Lucifer “geestelike kinders van Elohim” was nie, maar dat ook mense geestelike kinders is. Met ander woorde, hulle glo dat “God, engele en mense almal van dieselfde spesies is, een ras, een groot familie.” Dit is hoekom hulle glo dat hulleself eendag so ‘n God soos Jesus of selfs God die Vader sal word. Eerder om die duidelike onderskeid in die Skrif te sien tussen God en Sy skepping, glo hulle om eendag self ‘n God te wees. Dit is natuurlik dieselfde ou leuen wat Satan sedert die Tuin van Eden in Gen 3:15 vir ons meedeel. Dit is duidelik dat die begeerte om God se troon te bestyg, endemies in menseharte is.

In Matt 16:15 het Jesus die belangrike vraag gevra: “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Dit is ‘n vraag wat essensieel is, rakende verlossing en een wat die Mormone en Jehova Getuies verkeerd het. Hul antwoord dat Jesus die geestelike broer van Satan is, is verkeerd. Jesus is God die Seun en in Hom is die volheid van die Godheid beliggaam (Kol 2:9). Hy het Satan geskep en eendag sal Hy Satan in die helse vuur gooi as straf vir sy rebellie teen God. Ongelukkig op die oordeelsdag sal hulle wat vir Satan se leuens geval het, ook in die brandende vuurpoel gewerp word, saam met Satan en Sy demone. Die god van die Mormone en Jehova Getuies is nie die God wat Homself in die Skrif openbaar nie. Tensy hulle berou het en tot inkeer kom en die enigste ware God aanbid, is daar vir hulle geen hoop op redding en verlossing nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Jesus en Satan broers?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries