settings icon
share icon
Vraag

Wat het Jesus bedoel toe gesê het 'EK IS'?

Antwoord


Jesus het gesê, in antwoord op die Fariseërs se vraag, "Wie verbeel jy jou is jy?": Abraham, julle voorvader, het hom daaroor verheug dat hy die dag van My koms sou sien en hy het dit gesien en was bly" (Joh 8). "Jy is nog nie eers vyftig jaar oud nie en het jy vir Abraham gesien?" het die Jode toe vir Hom gesê. "Dit verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is." "Hulle het toe klippe opgetel om Hom daarmee te gooi. Maar Jesus het gaan skuil en van die tempel af weggegaan" (vers 59). Die oproerige reaksie van die Jode teenoor Jesus se "EK IS"- bekendmaking, dui aan dat hulle duidelik verstaan het wat Hy verklaar het – dat Hy Homself gelykgestel het met die "EK IS"-titel wat God Homself in Eksodus 3:14 gegee het.

Indien Jesus bloot wou sê dat Hy voor Abraham se tyd bestaan het, sou Hy nie gesê het, "Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is" nie. Die Griekse woorde vir "was" in die geval van Abraham en "is" in Jesus se geval, is heeltemal verskillend. Die woorde deur die Gees gekies, maak dit duidelik dat Abraham "in wording gekom" het, maar dat Jesus van ewigheid af bestaan het (Joh 1:1). Daar is geen twyfel dat die Jode verstaan het wat Hy gesê het nie, aangesien hulle klippe opgetel het om Hom dood te maak, omdat Hy Homself aan God gelykgestel het (Joh 5:18). Indien so 'n stelling nie waar was nie, was dit godslastering en die straf daarvoor, volgens die Mosaïse Wet, was die dood (Lev 24:11-14). Jesus het egter geen godslastering gepleeg nie ; Hy was en is God, die tweede Persoon van die Godheid, gelyk aan die Vader in alle opsigte.

Jesus het dieselfde frase "EK IS" in sewe verklarings oor Homself gebruik. In al sewe kombineer Hy "EK IS" met ontsaglike metafore, waarin Hy Sy reddende verhouding teenoor die wêreld uitspreek. Almal verskyn in die boek van Johannes: EK IS die brood wat lewe gee (Joh 6:35, 1, 48, 51); EK IS die lig vir die wêreld (Joh 8:12); EK IS die ingang vir die skape (Joh 10:7,9); EK IS die goeie herder (Joh 10:11,14); EK IS die opstanding en die lewe (Joh 11:25); EK IS die weg en die waarheid en die lewe (Joh 14:6); EK IS die ware wingerdstok (Joh 15:1,5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat het Jesus bedoel toe gesê het 'EK IS'?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries