settings icon
share icon
Vraag

Ek is ‘n Jehova Getuie. Hoekom sou ek oorweeg om ‘n Christen te raak?

Antwoord


Die belangrikste algemeenheid moontlik tussen Evangeliese Christene en Jehova Getuies, is ons oortuiging en geloof in die Bybel as die primêre outoriteit, deur God geïnspireer, op twispunte rakende God en Sy verwagtinge vir ons. Aangesien ons dinge verskillend verstaan, kry Jehova Getuies eervolle vermelding vir hul afhanklikheid en ywer in bestudering van die Heilige Skrif, om God en Sy wil te ken. Soos die Bereane, sou dit wys wees om alles in die lewe in die lig van die Skrif te ondersoek. Ons sal verse ondersoek van die New World Translation (die uitgawe van die Bybel gepubliseer deur hul Watchtower Society) om sommige algemene misverstande op te klaar.

Die Naam van God

Christene kry hul naam deur volgelinge en aanbidders van Jesus Christus te wees, vir die eerste keer “Christene” genoem in Antiogië gedurende Paulus se bediening (Hand 11:26). Paulus het dit herhaaldelik duidelik gemaak dat om ‘n Christen te wees, was om ‘n getuie vir mense te wees volgens die persoon van Christus, om ‘n getuie te wees van die werke en woorde van Christus. Jehova Getuies, aan die ander kant, glo dat ons eksklusief fokus op ons aanbidding op God die Vader (na Wie die Bybel soms verwys as “Jehova”). Die naam “Jehova” egter was ‘n “kruisingnaam” wat deur Christene geskep is, deur vokale toe te voeg tot die vierletterwoord “YHWH,” wat die oorspronklike vertolking was, wat ons ken as “Yahweh” in die Hebreeus en “Jehovah” in die Grieks. Evangeliese Christene verstaan Jesus, Hy wat God is in al Sy volheid, gelyk in goddelikheid, maar verskillend in funksionering van dit van God die Vader. Christene erken dat een van die name vir God die Vader Jehova is; tog is daar baie ander name en titels wat die Skrif gebruik as daar na God die Vader verwys word.

Jehova Getuies verstaan Jesus as Migael die Aartsengel en hulle ontken Sy godheid

kategories. Soos ons sal sien, indien ons verstaan dat Jesus enigiets anders as God is, is daar baie verse wat herkenbare weersprekinge verteenwoordig. Tog weet ons dat God se Woord foutloos is en dit sonder teenstrydigheid is. Dus moet ons verstaan dat die waarheid in God se Woord op ‘n manier vasstaan en getrou is ten opsigte van Sy openbaring. Jy sal oplet dat hierdie selfde verse sonder weerspreking is, as ons verstaan dat Jesus die Seun van God is – die volheid van God in liggaamlike vorm – wat Sy regte oorgegee het om te ly en geoffer te word vir ons sonde. (All verses were quoted directly from Jehovah’s Witnesses New World Translation. Bold type emphasis added.)

God se Eer

(Verse betreffende God die Vader)

Jes 42:8 “Ek is die Here. Dit is My naam, die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie.

Jes 48:11 “Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie.”

(Verse betreffende Jesus)

Joh 8:54 “….Dit is my Vader wat My verheerlik. Julle sê: ‘Hy is ons God’”

Joh 16:14 “Hy sal My verheerlik…”

Joh 17:1 “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik U Seun….”

Joh 17:5 “Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het.”

Fil 2:10 “sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde is, die knie sou buig..”

Heb 5:5 “So het Christus Hom ook nie die waardigheid van Hoëpriester toegeëien nie, God het dit vir Hom gegee toe Hy gesê het: ‘Jy is my Seun, vandag het Ek jou Vader geword’.”

Die Verlosser

(Aangaande die Vader)

Jes 43:3 “want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder.”

Jes 43:11 “Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen Redder nie.”

Jes 45:21 “Is dit nie Ek, die Here, nie? Daar is buiten My geen God nie; net Ek is ‘n God wat regverdig is en red.”

(Aangaande Jesus)

Luk 2:11 “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!”

Hand 13:23 “Uit hierdie man se nageslag het God, volgens Sy belofte, Jesus as Verlosser vir Israel laat voortkom.”

Titus 1:4 “Genade en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser!”

In Wie se Naam moet ons glo?

(Gesê oor Jesus of deur Jesus)

Joh 14:12 “Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen….”

Hand 4:12 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”

Hand 26:18 “Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.”

Openbaring 2:13 “Ek ken die plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle aan My Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie.”

Joh 20:28 “En Tomas sê vir Hom: ‘My Here en my God!’Toe sê Jesus vir hom: ‘Glo jy nou omdat jy My sien?’”

Joh 20:31 “Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan hê.”

Hand 2:38 “Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus.”

1 Joh 3:23 “En dit is Sy gebod: Ons moet in Sy Seun, Jesus Christus, glo…”

Geskep of Skepper?

Jehova Getuies leer dat Jehova Jesus geskep het as ‘n engel en dat Jesus toe alle ander dinge geskep het. Wat sê die Skrif?

(Aangaande die Vader)

Jes 66:2 “Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here.”

Jes 44:24 “Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by My nie.”

(Aangaande Jesus)

Joh 1:3-4 “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe en dié lewe was die lig vir die mense.” Indien alle dinge deur Jesus ontstaan het, kon Hy nie geskep gewees het nie, omdat Hy in “alles” ingesluit is.

Status, Name en Titels van Jesus en Jehova

Jes 9:5 “Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.”

Openbaring 1:8 “’Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God. ‘Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige’.”

Openbaring 1:17-18 “…dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.”

Openbaring 2:8 “So sê die Eerste en die Laaste, wat dood was en weer lewend geword het…”

Openbaring 22:12-16 “Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Ek, Jesus het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Afstammeling, die Nakomeling van Dawid. Ek is die Helder Môrester.”

Openbaring 21:6-7 “Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry en Ek sal sy God wees en hy sal My seun wees.” As Jehova die Alfa en Omega is (die eerste en laaste Griekse letters), dan moet die “eerste en die laaste” na Jehova verwys, volgens die Jehova Getuies glo. Maar wanneer het Jehova gesterf? Die enigste “eerste en laaste” wat gesterf en weer lewe, is Jesus.

Heb 1:13 “Van watter engel het Hy ooit gesê: ‘Sit aan My regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het’?”

Waarheid en Eenheid

Jesus se plaasvervangende versoening is om een rede aanvaar: God aanvaar slegs Sy eie regverdigheid. Die regverdigheid van ‘n mens of ‘n engel is onvoldoende. Dit kan nie die heilige en volmaakte standaard van God se regverdige wet behaal nie. Jesus was die enigste gepaste offerande, omdat Hy die regverdigheid van God was en soos God se wet vereis het, die bloed gestort het, Jesus het vlees geword, sodat Hy ‘n losprys kon wees vir almal wat in Sy Naam glo.

Let op dat as ons verstaan dat Jesus as God vlees geword het, dan kan al die bogenoemde verse as waar beskou word en as ‘n eenheid vasstaan in hul getuienis. Hulle kan ook duidelik met eenvoudige rede verstaan word en woordeliks geglo word. As ons egter poog om te sê dat Jesus iets minders as God is – Migael die aartsengel – dan is hierdie verse as ‘n eenheid eksklusief en nie waar nie, as in hul natuurlike konteks verstaan word. Dus, die waarheid van God se Woord maak dit noodsaaklik dat ons tot ‘n ander verstaan moet kom, waarin die Skrif saamgevat word, onderling verbind word, onderling afhanklik is, foutloos en waar is. Daardie samebindende waarheid kan slegs in die persoon en godheid van Jesus Christus gevind word. Mag ons die waarheid geopenbaar sien soos dit is in die Skrif, nie soos ons dit wil hê nie en mag God al die eer ontvang.

Indien jy enige vrae het aangaande Jesus wat as God geïnkarneer is, vra asseblief vir ons. As jy gereed is om jou geloof in hierdie God, vleesgeworde Jesus, te plaas, kan jy die volgende woorde vir God sê: “Vader God, ek weet dat ek ‘n sondaar is en U straf waardig is. Ek erken en glo dat Jesus die enigste Verlosser is en slegs deur God te wees, kon Jesus Verlosser wees. Ek plaas my vertroue slegs in Jesus om my te red. Vader God, vergewe my asseblief, reinig my en verander my, maak my nuut. Dankie vir U wonderbare genade en ontferming!”



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Ek is ‘n Jehova Getuie. Hoekom sou ek oorweeg om ‘n Christen te raak?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries