settings icon
share icon
Vraag

Wat is die gebed van Jabes?

Antwoord


Die gebed van Jabes word gevind in ‘n geskiedkundige nota binne-in ‘n geslagsregister: “Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: ‘Ek het hom met smart in die wêreld gebring.’ Jabes het die God van Israel aangeroep met dié woorde: ‘Stort U seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder U beskerming en weerhou onheil van my, sodat geen smart my tref nie.’ God het laat gebeur wat hy gevra het.” (1 Kron 4:9-10). Die gebed het welbekend geraak, as gevolg van die publikasie van die trefferboek (best-selling), “The Prayer of Jabez: Breaking Through to the Blessed Life” (2000), deur Dr Bruce Wilkinson saam met David Kopp.

Daar is min kennis oor Jabes, behalwe dat hy ‘n afstammeling van Juda was, dat hy ‘n eerbare man was en dat sy moeder hom die naam “Jabes” gegee het (beteken “verdrietig” of “maker van verdriet”), omdat sy geboorte pynlik was. In sy gebed roep Jabes uit na God vir beskerming en seën. Deur met woorde te speel, vra Jabes, die “man van verdriet,” vir God om hom van daardie hartseer te spaar, wat sy naam beteken en as voorbode dien.

Jabes se gebed in 1 Kron 4:10 bevat ‘n dringende versoek en sluit 4 dinge in: 1) God se seën. Jabes erken dat die God van Israel die bron van seëeninge is en hy vra om God se genade. Daar bestaan geen twyfel dat hierdie versoek gebaseer was, ten minste gedeeltelik, op God se seënbelofte aan Abraham en sy afstammelinge in Gen 22:17 nie. 2) ‘n Uitbreiding van grondgebied. Jabes bid vir oorwinning en voorspoed in al sy pogings en dat sy lewe gekenmerk sal wees deur aanwas. 3) die teenwoordigheid van God se hand. Dit was Jabes se manier om te vra vir God se leiding en Sy krag, as ‘n getuienis in sy daaglikse lewe. 4) Beskerming teen aanslae. Jesus het Sy dissipels geleer om só te bid: “Onse Vader wat in die hemel woon……verlos ons van die bose” (Matt 6:6,13). Jabes kyk na God vol vertroue as sy beskermer.

Jabes se doelwit in sy gebed was om vry te lewe van verdriet en die laaste ding wat ons aangaande hom lees, is dat God sy gebed verhoor en beantwoord het. Soos Salomo se nederige gebed vir wysheid (1 Kon 3:5-14), word Jabes se toegewyde gebed vir seëninge verhoor. Die sukses wat Jabes geniet het, het die smart van sy aanvanklike lewe oortref.

Jabes se gebed is ‘n goeie voorbeeld van hoe ons gebed, as prioriteit, in ons lewens moet gebruik. Ons moet altyd na God opkyk vir hulp in moeilike tye en ons kan ons versoeke direk na die Troon van genade neem (Heb 4:16). Saam met die gebede van Hanna, Jona, Hiskia, Paulus – en natuurlik ons Here se modelgebed (Matt 6:9-13) – is die gebed van Jabes ‘n wonderlike voorbeeld van hoe ‘n kind van God die Hoë Majesteit se Troon in nederigheid, geloof en afhanklikheid van God se goedheid, moet benader.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die gebed van Jabes?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries