Vraag
Wat is Israelologie?
Antwoord
Israelologie is die afdeling van teologiese studie wat spesiaal fokus op wat die Bybel leer aangaande Israel. Die sleutel-outeur op hierdie kwessie gedurende die laaste jare is Arnold Fruchtenbaum, Ph.D., stigter van Ariel Ministries. Sy primêre fokus is om uit te beeld wat die volheid van die Skrif leer ten opsigte van die land en mense van Israel. Dr Fruchtenbaum verwerp spesifiek vervangingsteologie (die geloof dat die kerk die Israel van die Ou Testament vervang het). Soos hy noteer dat slegs dispensasionalisme, “with its clear distinction between Israel and the Church, can, in fact, provide a systematized biblical doctrine of Israel.”
Fruchtenbaum se werk word dikwels omarm deur diegene wat dispensasionalisme aanhang en grootliks verwerp deur hulle wat nie dieselfde voel nie. Die studie van Israelologie bied egter baie insig aan gelowiges. Byvoorbeeld, Israelologie toon beide dat die kerk en Israel nou ‘n rol speel. Die kerk is geroep, soos die vroeё apostels en Christene geroepe was, om die evangelieboodskap te deel met die Joodse mense soos een van die baie nasies, wat in die Groot Opdrag ingesluit was (Matt 28:18-20).
Ook, ons uitkyk oor Israel, verbreed ons siening oor die Mosaïese Wet van die Ou Testament. Israelologie ondersoek hoe die vroeё kerk gehandel het met die praktyk van Judaïsme en bepleit die lees en bestudering van die Ou Testamentiese Skrif.
‘n Finale belangrike resultaat van die studie oor Israelologie, is ‘n dieper respek vir kontemporêre Joodse mense. Groeiende anti-Seminisme in dele van die wêreld plaas Israel dikwels in ‘n hoogs negatiewe lig. ‘n Behoorlike bybelse siening van Israel egter, plaas lig op God se hoё beskouing van Israel en sy toekoms. Christene word geroep om liefde te leef teenoor mense van Israel en om vir hulle te bid (Ps 122:6).
Israelologie is ‘n studie wat dikwels onder Christene nagelaat word, miskien as gevolg van vooropgesette menings wat verband hou met die eindtye of vervangingsteologie. Dit is egter so dat alle Christene geroepe is om te bestudeer en hulself te vergewis van die goedkeuring van God (2 Tim 2:15). Ons studie moet insluit wat die Bybel leer oor Abraham se mense en die land wat God aan hul beloof het (Gen 12:1-3).
English
Wat is Israelologie?