settings icon
share icon
Vraag

Wat is Israel se rol gedurende die eindtyd?

Antwoord


Elke keer as daar 'n konflik in of rondom Israel ontstaan, sien baie dit as 'n teken van die vinnige nadering van die eindtyd. Die probleem hiermee is dat ons later moeg raak vir die konflik in Israel, in so 'n mate dat ons nie meer die waarheid herken,wanneer ware, betekenisvolle profetiese gebeure plaasvind nie. Konflik in Israel is nie noodwendig 'n teken van die eindtyd nie.

Konflik in Israel was 'n realiteit vandat Israel as n volk ontstaan het. Die volk Israel was alltyd deur sy buurvolke agtervolg soos die Egiptenare, Amalekiete, Midianiete, Moabiete, Ammoniete, Amoriete, Fillistyne, Assiriërs, Babiloniërs, Persiërs of Romeine. Hoekom so? Volgens die Bybel het God 'n spesiale plan vir die volk van Israel gehad en Satan wil daardie plan in die wiele ry. Die buurvolke is deur Satan beïnvloed om Israel te haat en te verwoes. Dit was konings soos Sennacherib van Assirië; Hamman, offisier van Persië; Hitler van die Nazi's in Duitsland en Ahmadinejad, president van Iran, maar pogings om Israel heeltemal te verwoes, sal altyd misluk. Die vervolgers van Israel sal kom en gaan, maar die vervolging sal bly tot die Wederkoms van Christus. Konflik in Israel is glad nie 'n betroubare aanduiding van die spoedige koms van die eindtyd nie.

Tog sê die Bybel dat daar erge konflik in Israel gedurende die eindtyd sal wees. Dit is hoekom die tydsperiode bekendstaan as die Groot Verdrukking en die "tyd van swaarkry vir Jakob" (Jer 30:7). Hier is wat die Bybel sê oor Israel in die eindtyd:

Daar sal 'n massa Jode terugkeer na die land van Israel (Deut 30:3; Jes 43:6; Eseg 34:11-13; 36:24; 37:1-14).

Die Antichris sal 'n 7-jarige vredesooreenkoms met Israel maak (Jes 28:18; Dan 9:27).

Die tempel sal herbou word in Jerusalem (Dan 9:27; Matt 24:15; 2 Tess 2:3-4; Openbaring 11:1).

Die Anrichris sal sy verbond met Israel verbreek en wêreldwye vervolging van Israel sal plaasvind (Dan 9:27; 12:1, 11; Sag 11:16; Matt 24:15; Openbaring 12:13). Israel sal ingeval word (Eseg hoofstukke 38-39).

Israel sal uiteindelik vir Jesus as hul Messias erken (Sag 12:10). Israel sal opgebou, herstel en herenig word (Jer 33:8; Eseg 11:17; Rom 11:26).

Daar is baie chaos in Israel aan die gang. Israel word vervolg en omring deur vyande – Sirië, Libanon, Jordanië, Saudi-Arabië, Iran, Hamas, Islamitiese Jihad, Hezbollah, ens. Hierdie haat en vervolging van Israel is egter net 'n tikkie van wat in die eindtyd gaan gebeur (Matt 24:15-21). Die laaste rondte van vervolging het begin toe Israel in 1948 as volk hersaamgestel is. Baie Bybelse kenners het geglo dat die sesdaagse Arabies-Israelse oorlog in 1967 die "begin van die einde" was. Kan dit wat vandag in Israel gebeur 'n aanduiding wees dat die einde op hande is? Ja. Beteken dit noodwendig dat die einde naby is? Nee. Jesus self het gesê, "Pasop dat niemand julle mislei nie…..Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pasop, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie" (Matt 24:4-6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Israel se rol gedurende die eindtyd?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries