settings icon
share icon
Vraag

Het God vir Satan geskep?

Antwoord


God het alles geskep wat ooit bestaan het, wat is of wat sal wees (Joh 1:3). Dit sluit in fisiese wesens en materie, sowel as geestelike wesens (Kol 1:15-17). Die enigste persoon wat die mag het om in Homself of uit Homself te wees – wat beteken dat Hy geen begin of einde het nie – en self-bestaande is, is God (Eks 3:14). Alle ander wesens was daarom deur God geskep en behoort aan God (Ps 24:1).

Daar is profetiese, bybelse verwysings na die koning van Babilon en die koning van Tirus. Hierdie persone word deur die meeste geleerdes beskou as tipes van Satan (Jes 14:12-15; Eseg 28:13-17). Hierdie twee gedeeltes gee aan die leser ‘n stukkie geskiedenis, rakende Satan en sy oorspronge. Vers 12 van Jes 14 sê dat Satan se begin in die hemel was. Die gedeelte in Eseg 28 sê dat Satan geskep was (vers 13) as een van die gerubs (vers 14) en was onbesproke, totdat sonde in hom gevind was (vers 15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het God vir Satan geskep?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries