settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het God vir Henog en Elia hemel toe geneem, sonder dat hulle gesterf het?

Antwoord


Volgens die Bybel is Henog en Elia die enigste 2 mense wat God hemel toe gevat het, sonder dat hulle gesterf het. Gen 5:24 vertel ons van Henog, “Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem.” 2 Kon 2:11 sê, “…..’n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het en Elia is in ‘n stormwind op, die hemel in.” Henog is beskryf as ‘n man “wat naby God geleef” het vir 300 jaar (Gen 5:23). Elia was miskien die kragtigste van God se profete in die Ou Testament. Daar is ook profesieë van Elia se terugkeer in Maleagi 4:5-6.

Hoekom het God vir Henog en Elia weggeneem? Die Bybel gee nie ‘n spesifieke antwoord nie. Sommige spekuleer dat hulle vir voorbereiding van ‘n spesifieke rol gedurende die eindtyd geneem is, moontlik as die twee getuies in Openbaring 11:3-12. Dit is moontlik, maar nie eksplisiet in die Bybel geskryf nie. Dit mag wees dat God begeer het om Henog en Elia te bewaar van die dood as belewenis, as gevolg van hul groot getrouheid in sy diens en gehoorsaamheid aan Hom. Wat ookal die geval is, God het Sy doel en al verstaan ons nie altyd God se planne nie, weet ons dat “Wat God doen, is volmaak” (Ps 18:30).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

WHoekom het God vir Henog en Elia hemel toe geneem, sonder dat hulle gesterf het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries