settings icon
share icon
Vraag

Wat is die seël van die Heilige Gees?

Antwoord


Daar word na die Heilige Gees verwys as die "waarborg," seël,' en "deposito" in die harte van Christene (2 Kor 1:22; 5:5; Ef 1:13-14; 4:30). Die Heilige Gees is God se seël op Sy mense, Sy aanspraak op ons as sy eiendom. "Earnest"in hierdie gedeeltes word in Grieks vertaal as "arrhabõn, wat 'n waarborg beteken, dit is deel van die koopbedrag of eiendom wat vooruit as sekuriteit gegee is vir die orige. Die gawe van die Gees aan gelowiges is 'n afbetaling op ons hemelse erfenis, wat Christus aan ons belowe het en aan die kruis as sekerheid gegee het. Dit is omdat die Gees ons geseël het, dat ons van ons verlossing sekerheid kan hê. Niemand kan die seël van God breek nie.

Die Heilige Gees is aan gelowiges gegee as 'n "eerste paaiement" om ons te verseker dat ons volle erfenis as kinders van God afgelewer sal word. Die Heilige Gees is aan ons gegee om te bevestig dat ons aan God behoort, wat ons Sy Gees as gawe gee, netsoos genade en geloof ook gawes is (Ef 2:8-9). Deur die gawe van die Gees, vernuwe en heilig God ons. Hy bring in ons harte daardie gevoelens, hoop en begeertes as getuienis dat ons deur God aanvaar is, dat ons as Sy aangenome kinders beskou word, dat ons hoop eg is en dat ons vergifnis en verlossing seker is, op dieselfde wyse as wat 'n seël 'n testament of 'n ooreenkoms seël. God gee aan ons Sy Heilige Gees as die waarborg dat ons vir ewig aan Hom behoort en op die laaste dag gered sal wees. Die bewys van die Gees se teenwoordigheid is Sy werkinge in die hart, wat berou, die vrug van die Gees (Gal 5:22-23), onderwerping aan God se gebooie en wil, 'n passie vir gebed en lofprysing en liefde vir Sy mense voortbring. Hierdie dinge is die getuienisse dat die Heilige Gees ons harte nuutgemaak het en dat die Christen geseël is vir die oordeelsdag.

Dit is dus deur die Heilige Gees en Sy leringe en Sy leidingskrag dat ons geseël en gewaarborg is tot die Wederkoms, volmaak en vry van die korrupsie van sonde en die graf. Aangesien ons die seël van die Gees in ons harte het, kan ons met blydskap lewe, verseker van ons gewaarborgde plek in 'n toekoms, wat onuitspreeklike heerlikheid inhou.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die seël van die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries