settings icon
share icon
Vraag

Is die Heilige Gees 'n "Hy", 'n "Sy" of 'n "Dit", manlik, vroulik of onsydig? Het die Heilige Gees 'n geslag?

Antwoord


'n Algemene fout wat gemaak word ten opsigte van die Heilige Gees, met verwysing na die Gees as "Dit", is iets wat die Bybel nooit doen nie. Die Heilige Gees is 'n Persoon. Hy het die karaktereienskappe van 'n persoon, tree op soos 'n persoon en het persoonlike verhoudings. Hy het insig (1 Kor 2:10-11). Hy weet dinge wat intellek vereis (Rom 8:27). Hy het 'n wil (1 Kor 12:11). Hy maak bewus van sonde (Joh 16:8). Hy doen wonderwerke (Hand 8:39). Hy gee leiding (Joh 16:13). Hy tree as bemiddelaar op tussen persone (Rom 8:26). Hy moet gehoorsaam word (Hand 10:19-20). Vir Hom kan gelieg word (Hand 5:3), kan weerstaan word (Hand 7:51), kan bedroef word (Ef 4:30), teen Hom godslasterlik opgetree word (Matt 12:31), selfs beledig word (Heb 10:29). Hy en die apostels was verwant aan mekaar (Hand 15:28) en aan elke persoon van die Drie-eenheid (Joh 16:14; Matt 28:19; 2 Kor 13:14). Die persoon van die Heilige Gees is sonder twyfel teenwoordig in die Bybel, maar wat van geslag?

Taalkundig is dit duidelik dat manlike teïstiese teminologie die Skrif domineer. Regdeur beide Testamente word na God verwys as manlik. Spesifieke name vir God (Jahwe, Elohim, Adonai, Kurios, Theos, ens.) is almal manlik. Daar word nooit aan God 'n vroulike naam gegee nie of na Hom verwys met vroulike voorname nie. Na die Heilige Gees word ook verwys as manlik, regdeur die Nuwe Testament, alhoewel die woord vir "gees" op sigself (pneuma) eintlik onsydig is. Die Hebreeuse word vir "gees" (ruach) is vroulik in Genesis 1:2, maar geslag as woord soos gebruik in Grieks of Hebreeus het niks te doen met geslags-identiteit nie.

Teologies gesproke, aangesien die Heilige Gees God is, kan ons sommige bewerings aangaande Hom maak vanuit stellings wat oor God gemaak is. God is gees soos in teenoorgesteld van fisiese of materiële.God is onsienlik en gees (geen liggaam) – (Joh 4:24; Luk 24:39; Rom 1:20; Kol 1:15; 1 Tim 1:17). Dit is waarom geen materiële ding ooit gebruik is om God te verteenwoordig nie (Eks 20:4). Indien geslag 'n eienskap van die liggaam is, dan het 'n gees geen geslag. God in Sy wese het geen geslag nie.

Geslags-identifikasies van God in die Bybel is nie eenvormig nie. Baie mense dink dat die Bybel God verteenwoordig, uitsluitlik in manlike terme, maar dit is nie so nie. In die boek Job word gesê dat God geboorte moet gee en beeld Homself uit as 'n moeder in Jesaja. Jesus het die Vader beskryf asof 'n vrou wat na 'n muntstuk gesoek het in Luk 15 ( en Homself as 'n "hen" in Matt 23:37). In Gen 1:26-27 het God gesê, "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld" en toe het "God die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep." Tog was die beeld van God manlik en vroulik – nie net die een of die ander nie. Dit word verder in Gen 5:2 bevestig, wat letterlik vertaal kan word as "Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle "mens" (adam) genoem toe hulle geskep is." Die Hebreeuse term "adam" beteken "mens" – afhangend van die konteks waarin dit gebruik word, beteken dit "man" (as teenoorgestelde van vrou) of "mens" (in die kollektiewe betekenis). Dus, tot watter mate die mensdom gemaak is na die beeld van God, speel geslag nie 'n rol nie.

Dit is egter so dat manlike uitbeelding in openbaring nie sonder betekenis is nie. 'n Tweede keer wat God spesifiek geopenbaar is deur 'n fisieke beeld, was toe Jesus gevra is om die Vader aan die dissipels te toon in Johannes 14. In verse 9 het Hy hulle geantwoord, "Wie My sien, sien die Vader." Paulus maak dit duidelik in Kol 1:15 dat Jesus die presiese beeld van God is, deur na Hom te verwys as "Die Seun is die beeld van God." Hierdie vers dien as uitdrukking in 'n gedeelte waar Christus uitgebeeld word as superieur oor die hele skepping. Die meeste antieke godsdienste het geglo in 'n godewêreld – beide gode en godinne – wat waardig was om te aanbid. Een van die Joods-Christelike gelowe onderskei hulself deur te glo in 'n superieure Skepper. Manlike taal verbind hierdie verhouding as skepper tot skepping. Soos 'n mens in 'n vrou kom, sonder om haarself swanger te maak, so skep God die heelal sonder om dit van binne af geboorte te gee…Soos 'n vrou nie haarself swanger kan maak nie, so kan die heelal ook nie "homself" skep nie. Paulus verkondig dit in 1 Tim 2:12-14 as hy na die skeppingsorde verwys as 'n voorbeeld van die kerkorde.

Op die einde, wat ookal ons teologiese verklaring is, die feit bly staan dat God uitsluitlik manlike terme gebruik het, waar Hy na Homself verwys en meestal manlike terminologie, selfs metafories. Deur die Bybel heen het Hy ons geleer hoe om van Hom te praat en dit was in manlike terme. Dus, terwyl die Heilige Gees nie manlik of vroulik in Sy wese is nie, word na Hom verwys as manlik, as gevolg van Sy verhouding teenoor die skepping en Bybelse openbaring. Daar is absoluut geen Bybelse grond om die Heilige Gees as "vroulik" in die Drie-eenheid te beskou nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die Heilige Gees 'n "Hy", 'n "Sy" of 'n "Dit", manlik, vroulik of onsydig? Het die Heilige Gees 'n geslag?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries