settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Goue Reël?

Antwoord


Die “Goue ReëL” is die naam wat gegee is aan ‘n beginsel wat Jesus in die Bergpredikasie aan die skare mense geleer het. Die eintlike woorde “Goue Reël” kom nie in die Skrif voor nie en die woorde “Preek op die Berg” ook nie. Hierdie titels is later bygevoeg deur Bybelvertalers met die doel om Bybelstudie ‘n bietjie makliker te maak. Die frase “Goue Reël” het begin pos vat ten opsigte van hierdie lering van Jesus gedurende die 16de-17de eeue.

Wat ons die Goue Reël noem, verwys na Matt 7:12: “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die Wet en die Profete.” Jesus het die mens se hart en sy selfsugtigheid geken. In die voorafgaande vers, beskryf hy die menslike wese as “boos” van binne/aangebore. Jesus se Goue Reël gee vir ons ‘n standaard waaraan natuurlike selfsugtige mense hul dade kan toets: behandel ander mense op dieselfde wyse as wat jy behandel sou wil word.

Die “English Standard Version” vertaal die Golden Rule as volg: “Whatever you wish that others would do to you, do also to them, for this is the Law and the Prophets.” Jesus vat op ‘n briljante wyse die algehele Ou Testament saam in hierdie enkele beginsel, geneem vanuit Lev 19:18: “Jy mag nie wraak neem of ‘n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.” Weer sien ons die implikasie dat mense liefhebbers van hulself is en die gebod gebruik daardie menslike “gebrek” as ‘n plek om te begin hoe om ander te behandel.

Mense, universeel, verwag respek, liefde en waardering, maak nie saak of hulle dit verdien of nie. Jesus het hierdie begeerte verstaan en het dit gebruik om godvresende gedrag te verkondig. Wil jy graag gerespekteer word? Dan moet jy ander respekteer. Hou jy daarvan om iets moois toegevoeg te word? Spreek dan woorde van omgee teenoor ander. “Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang” (Hand 20:35). Die Goue Reël is ook deel van die tweede grootste gebod, voorafgegaan deur die gebod om God, Hom, alleenlik lief te hê (Matt 22:37-39).

Wat interessant is om op te let by die Goue Reël, is dat geen ander godsdienstige of filosofiese stelsel dié gelyke het nie. Jesus se Goue Reël is nie die “etiek om met gelyke munt te betaal nie,” heel algemeen voorgestaan deur nie-Christelike moraliste. Heel dikwels probeer liberale kritici en sekulêre humaniste om te verduidelik wat die uniekheid van die Goue Reël is, deur te sê dat dit ‘n algemene etiek is wat deur alle godsdienste gedeel word. Dit is nie die geval nie. Jesus se opdrag het ‘n subtiele, maar baie belangrike verskil. ‘n Vinnige opname van die gesegswyses van Oosterse godsdienste sal dit meer verstaanbaar maak:

Confucianisme: “Do not do to others what you do not want them to do to you” (Analects 15:23)

Hindoeïsme: “This is the sum of duty: do not do to others what would cause pain if done to you” (Mahabharata 5:1517)

Boedhisme: “Hurt not others in ways that you yourself would find hurtful” (Udanavarga 5:18)

Hierdie segswyse is baie eenders ten opsigte van die Goue Reël, maar word “negatief” gestel en maak staat op passiwiteit. Jesus se Goue Reël is ‘n “positiewe” opdrag hoe om liefde pro-aktief te toon. Die Oosterse godsdienste sê, “ Hou op om te doen”; Jesus sê, “Doen!” Die Oosterse godsdienste sê dit is genoeg om jou negatiewe gedrag in toom te hou; Jesus sê daar moet gekyk word vir maniere om positief te handel. As gevolg van die “omgekeerde” natuur van die nie-Christelike segswyses, word hulle beskryf as die “silwer reël.”

Sommige het Jesus beskuldig dat die gedagte van die Goue Reël van die Oosterse godsdienste “geleen” is. Dit is so dat die tekste vir Confucianisme, Hindoeïsme rn Boedhisme, soos bo genoem, was almal op die vroegste tussen 500 en 400 vC geskryf. Jesus neem die Goue Reël vanuit Levitikus, geskrywe ongeveer 1450 vC. Dus, Jesus se bron vir die Goue Reël gaan die “silwer reel” vooruit vir ongeveer 1,000 jaar.Wie “leen” van wie?

Die gebod om lief te hê, is wat die Christelike etiek skei van elke ander godsdiens se etiek. Die feit van die saak is dat die Bybel wat veg vir liefde, sluit in die radikale opdrag om jou vyande lief te hê (Matt 5:43-44; Eks 23:4-5). Dit is ongehoord in ander godsdienste.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Goue Reël?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries