Vraag
Wat is Gog en Magog?
Antwoord
Histories gesproke was Magog die kleinseun van Noag (Gen 10:2). Die afstammelinge van Magog het in die verre noorde van Israel gaan woon, waarskynlik in Europa en Noord-Asië Eseg 38:2). Dit wil voorkom asof Magog gebruik word om te verwys na die “noordelike barbare” in die algemeen, maar waarskynlik het dit ook verband met Magog, die persoon. Die mense van Magog word beskryf as opgeleide vegters (Eseg 38:15; 39:3-9).
Gog en Magog verskyn in Eseg 38-39 en in Openbaring 20:7-8. Alhoewel hierdie twee gedeeltes dieselfde name gebruik, wys ‘n noukeurige studie van die Skrif duidelik dat hulle nie na dieselfe mense en gebeure verwys nie. Die gebeure word geskei met ten minste 1 000 jaar. In Esegiël se profesie, sal Gog die leier van ‘n groot leërmag wees, wat die land Israel aanval, wat “vredevol en niksvermoedend” is op daardie tydstip (Eseg 38:11). Gog word beskryf as “die hoofregeerder van Mesek en Tubal” (Eseg 38:2-3). Wanneer sal Esegiël se geveg van Gog en Magog plaasvind? Daar is ‘n hele paar teorieë:
Voordat die verdrukking begin. Hierdie siening verwys na die feit dat, na die geveg, sal die mense van Israel met die vyand se wapens vir sewe jaar vuurmaak en meer as sewe maande spandeer om die dooies te begrawe (Eseg 39:9-10, 12-16). Daardie tydsverloop is die mees waarskynlike wat benodig word vir die geveg voor die verdrukking en moontlik selfs voor die wegraping van die kerk.
Gedurende die eerste deel van die sewejarige verdrukking. Hierdie siening is gemik op die feit dat Israel vreedsaam is wanneer die aanval begin Eseg 38:8,11). Die veiligheid wat Israel geniet, is veronderstel om die gevolg te wees van Israel se verbond met die Antichris aan die begin van die verdrukking, Daniël se 70ste Week (Daniël 9:27a).
Volgens Esegiël sal Magog nie wen nie. God sal intree om Israel te bewaar: “daardie dag sal daar ‘n groot aardbewing kom in die land Israel” (Eseg 38:19). ”Gog se manskappe sal mekaar met die swaard aanval” (vers 21), en God sal “wolkbreuke, hael en brandende swael op hom (Gog) laat reën en op sy hordes en op die baie manskappe wat tot sy beskikking is” (vers 22). Die resultaat is dat die nasies God sal sien in Sy grootheid en heiligheid (vers 23).
Gog en Magog word genoem in Openbaring 20:7-8. Die tweevoudige gebruik van die name Gog en Magog in Openbaring 20:8-9 is om te wys dat hierdie mense dieselfde rebellie teen God en antagonisme teenoor God gedemonstreer, as daardie in Esegiël 38-39. Dit is dieselfde as iemand wat in die huidige lewe ‘n persoon “die duiwel” noem, omdat hy/sy sondig en goddeloos is. Ons weet dat daardie persoon nie regtig Satan is nie, maar omdat daar eenderse karaktereienskappe gedeel word, kan na hom/haar verwys word as “die duiwel.”
Die boek Openbaring gebruik Esegiël se profesie oor Magog om ‘n eindtyd-aanval op die nasie van Israel uit te beeld (Openbaring 20:8-9). Die resultaat van hierdie geveg is dat almal vernietig is en dat Satan sy finale plek in die helse vuur sal vind (Openbaring 20:10).
Dit is belangrik om daarop te let dat die Gog en Magog van Eseg 38-39 baie verskil van die een in Openbaring 20:7-8. Onderstaande is daar meer duidelike redes hoekom hierdie na verskillende mense en gevegte verwys:
In die geveg van Eseg 38-39 kom die leërmagte hoofsaaklik van die noorde en sluit net ‘n paar nasies van die aarde in (Eseg 38:6, 15; 39:2). Die geveg in Openbaring 20:7-9 sal alle nasies insluit, dus sal die leërmagte uit alle rigtings kom, nie slegs uit die noorde nie. Daar word geen melding gemaak van Satan in die konteks van Eseg 38-39 nie. In Openbaring 20:7 beskryf dit duidelik die geveg teen die einde van die millennium, met Satan as die hoofkarakter.
Eseg 39:11-12 sê dat die dooies vir sewe maande begrawe sal word. Daar sou geen nodigheid wees om die dooies te begrawe as die geveg in Eseg 38-39 die een is wat in Openbaring 20:8-9 beskryf word nie, aangesien dadelik, opvolgend in Openbaring 20:8-9 is die Groot Wit Troon se oordeel (20:11-15) en dan word die huidige hemel en aarde verwoes, en vervang deur ‘n nuwe hemel en aarde (Openbaring 21:1). Dit sal dan vanselfsprekend nodig wees om die dooies te begrawe, indien die geveg voor of in die vroeë deel van die verdrukking plaasvind, want die land van Israel sal vir nog 1 000 jaar lank beset word, die lengte van die duisendjarige ryk (Openbaring 20:4-6).
Die geveg in Eseg 38-39 word deur God gebruik om Israel terug te bring na Hom toe (Eseg 39:21-29). In Openbaring 20 was Israel getrou aan God vir 1 000 jaar (die duisendjarige ryk). Diegene in Openbaring 20:7-10 wat rebels optree, word vernietig sonder enige geleentheid meer om berou te toon.
English
Wat is Gog en Magog?