settings icon
share icon
Vraag

God versus Satan – indien God almagtig is, hoekom maak Hy nie net vir Satan dood nie?

Antwoord


Een van die die misteries van die Christelike lewe is waarom God nie vir Satan, onmiddellik nadat hy gesondig het, vernietig het nie. Ons weet dat God eendag vir Satan sal oorwin deur hom in "die poel van vuur en swael" te gooi, waar hy dag en nag vir ewig gemartel sal word (Openbaring 20:10), maar soms wonder ons hoekom God nie vir Satan alreeds vernietig het nie. Miskien sal ons nooit God se presiese rede weet nie, maar ons weet sekere dinge in verband met Sy natuur.

Eerstens weet ons dat God absoluut soewerein is oor die hele skepping en dit sluit Satan in. Satan en sy demone bring sekerlik verwoesting in die wêreld, maar hulle word net toegelaat tot 'n sekere hoeveelheid vryheid. Ons weet ook dat God alles van die begin van tyd tot die einde, alles beplan het. Niks kan Sy plan dwarsboom nie en dinge gaan presies op skedule voort. "Die Here die Almagtige het 'n eed afgelê: 'Soos Ek My voorgeneem het, so sal dit wees, wat Ek besluit het, sal gebeur'" (Jes 14:24).

Tweedens weet ons "dat God alles laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is" (Rom 8:28). Wat God ookal vir Satan beplan het, sal die beste moontlike een wees. God se volmaakte wraak en oordeel sal bevredig word en Sy volmaakte regverdigheid sal verheerlik word. Hulle wat Hom liefhet en wag vir Sy plan om vervul te word, sal opgewonde wees om deel te vorm van daardie plan en sal Hom loof en prys wanneer hulle dit sien uitspeel.

Derdens weet ons dat om God se plan te bevraagteken en die tyd daarvan, is om God Self, Sy oordeel, Sy karakter en Sy ware natuur te bevraagteken. Dit is nie wys om Sy reg te bevraagteken van presies hoe Hy dinge doen, soos dit Hom behaag nie.Die Psalmis sê, "Wat God doen, is volmaak" (Ps 18:30). Watter plan ookal van die verstand van die Almagtige kom, is die beste moontlike plan. Dit is waar dat ons nie kan verwag om daardie gedagte volmaak te verstaan nie, soos Hy ons herinner, "My gedagtes is nie julle gedagtes nie en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is My optrede verhewe bo julle optrede en My gedagtes bo julle gedagtes" (Jes 55:8-9). Nieteenstaande is ons verantwoordelikheid teenoor God om Hom te gehoorsaam, om Hom te vertrou en ons aan Sy wil te onderwerp, óf ons dit verstaan óf nie. Met betrekking tot Sy tydsberekening vir Satan se ontslag, is dit die beste moontlike plan, omdat dit God se plan is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

God versus Satan – indien God almagtig is, hoekom maak Hy nie net vir Satan dood nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries