settings icon
share icon
Vraag

Versoek God ons om te sondig?

Antwoord


In Gen 22:1 word die Hebreeuse woord "tempted" (op die proef gestel) vertaal as "nacah" en dit beteken "om te toets, te probeer, te beproef, versoek, te keur." Aangesien daar so baie sinonieme is, moet ons kyk na die konteks en dit vergelyk met ander gedeeltes. As ons die weergawe van die gebeure lees, kom ons agter dat God nie bedoel het dat Abraham die offerande van Isak moes afhandel nie. Abraham het dit egter nie geweet nie en was gewillig om God se opdragte uit te voer, wetende dat as God dit vereis het, Hy daartoe in staat was om Isak uit die dood uit op te wek (Heb 11:17-19). Hierdie gedeelte in Hebreërs is beter vertaal "toe hy op die proef gestel is", in plaas van om te sê hy was "versoek". Dus is die slotsom dat in Gen 22:1 die Hebreeuse woord wat as "versoek" vertaal word, te doen het met toets of om iets te evalueer.

Jak 1:13 gee 'n rigtinggewende beginsel: niemand het die reg om te sê dat " hy/sy deur God versoek" is nie. Die woord "deur" is belangrik in ons verstaan van hierdie stelling, aangesien dit die ontstaan van iets aandui. Versoekings om te sondig ontstaan nie deur God nie. Jakobus sluit af: "want God kan nie verlei word nie en self verlei Hy niemand nie."

''n Ander belangrike woord rakende hierdie bespreking word in Jak 1:2,3 gevind – "My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard." Die Griekse woord vir "beproewings" beteken moeilikheid/swaarkry of iets wat die patroon van vrede, troos, vreugde en geluk in iemand se lewe verbreek. Die werkwoordvorm van hierdie woord beteken "moeite of las veroorsaak/beproef", met die doel om daardie persoon se natuur of die kwaliteit van daardie ding te ontdek. God bring sulke toetse om die sterkte en kwaliteit van iemand se geloof te toets en te versterk en die egtheid daarvan te demonstreer (verse 2-12). Dus, na aanleiding van Jakobus is dit so, dat wanneer ons beproewings in die gesig staar, God se doel daarmee is om ons geloof te toets en karakter te bou. Dit is 'n hoogs edele en goeie motief.

Is daar beproewings wat veronderstel is om ons te laat faal? Ja, maar hulle kom nie van God af nie – wel van Satan af (Matt 4:1), van sy bose engele (Ef 6:12) of van onsself af (Rom 13:14; Gal 5:13). God laat toe dat ons dit beleef en hulle word toegelaat tot ons voordeel. God het Abraham beveel om vir Isak te offer – die beproewing was nie bedoel dat Abraham moes sondig nie, maar om sy geloof te toets en te versterk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Versoek God ons om te sondig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries