settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het God so ‘n enorme heelal en ander planete geskep as daar net een lewe op aarde is?

Antwoord


Die vraag of God lewe op ander planete geskep het, is sekerlik ‘n boeiende vraag. Ps 19:1 sê, “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend.” Alles wat God gemaak het, of dit ek of jy is, wilde lewe daarbuite, engele, sterre en planete, alles is gemaak tot Sy eer. As ons ‘n asemrowende gesig van die Melkweg of Saturnus deur ‘n teleskoop sien, staan ons verwonderd vir God se handewerk!

Dawid het in Ps 8:4,5 geskryf, “As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink…” As ons die geweldige aantal sterre sien, en ons dan lees dat wetenskaplikes duisende en nogmaals duisende sterrestelsels ontdek het, wat elkeen miljoene sterre bevat, moet ons in eerbiedige vrees voor God staan, ‘n God so almagtig en groot om daardie alles te maak en dit die werk van Sy hande noem!

Ps 147:4 vertel ons verderaan dat, “Hy besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen ‘n naam.” Dit is onmoontlik vir die mens om te kan weet hoeveel sterre daar is; God weet nie net hoeveel sterre daar is nie, maar Hy ken elke ster se naam! Jes 48:13, “Met my eie hand het Ek die aarde se fondamente gelê, deur my mag het Ek die hemelkoepel oopgesprei; Ek het hulle te voorskyn geroep en hulle het tot stand gekom.”

Die hemelruim en planete is geskep tot God se eer. Ons weet dat sterre en planete buitekant ons sonnestelsel bestaan en hierdie is ook geskep tot eer van God. ‘n Aanhoudende uitgebreide heelal is tans ‘n ander interessantheid wat nog bewys moet word. Die volgende ster verder as die son is meer as 4 ligjare weg en dit is nie eers ‘n meetbare fraksie van die grootte van die kenbare heelal, uitgebrei of nie.

Of daar lewe op ander planete is, weet ons eenvoudig nie. Tot dusver is geen bewyse van lewe op ander planete of ons sonnestelsel gevind nie. As ons die nadering van die eindtye in ag neem nie, is dit onwaarskynlik dat die mens ver genoeg sal vorder om ander sterrestelsels voor die Here se wederkoms te besoek. Waar daar ookal lewe bestaan of nie bestaan nie, God is steeds die Skepper en Kontroleerder van alle dinge en alles is geskep tot eer van God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God so ‘n enorme heelal en ander planete geskep as daar net een lewe op aarde is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries